laat weet

info

ander studies

vertel      

Kom ons kyk van naderby..

      epos

homepage

antwoordblad

donasies

B

Y

B

E

L

S

U

D

E

 

 

A

A

N

L

Y

.............Ons huidige studie onderwerp. Val in en neem deel! Elkeen se opinie is vir ons belangrik en ewe gewigtig, want Jesus het gesê: “Julle moet julle nie ‘leiers’ laat noem nie, want Een is julle Leier: die Christus." En "julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is almal broers." ...................

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

W

E

E

K

1

 ..Verruim Jou Ingeligte Opinie Met Lekker, Kreatiewe Aflaai&Eposklets Bybelstudies..!

 

Deel met ons in die gebed:

 

 

Here, so maklik is mens maar tevrede met 'n algemene indruk van wat Jy in die Bybel vir ons wil sê. Dit, terwyl ons weet geen enkele Woord wat Jy vir ons laat opskryf het is sonder bedoeling nie.

 

 

Ons wil nie Jou boodskap sommer maar veralgemeen en ligtelik opneem nie. Vandag wil ons naby kyk. Ons wil mooi kyk en elke woord in die tekse waarna ons kyk "weeg" om so duidelik as moontlik te probeer verstaan presies wat dit is wat Jy vir ons sê.

 

 

Ons weet dat al die beloftes in Jou Woord waar is - en 1 Joh 2:27 belowe vir ons "Wat júlle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle, en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie. Sy Gees leer julle alles, en wat Hy julle leer, is die waarheid en geen leuen nie."

 

 

Here, leer ons deur Jou Woord - en deur Jou Gees! Dit bid ons in Jou Naam, Here Jesus: Jy wat gesê het: "Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit."

 

 

 Amen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vandag kyk ons na God se opdrag dat ons mense moet vergewe. Ons kyk spesifiek na wat dit NIE beteken nie. As ons kan vasstel wat dit NIE beteken nie sal dit ons help om sommer ook beter te verstaan wat dit WEL beteken.

 

 

 

 

 

 

 

 

Eers moet jy egter die volgende keusevrae beantwoord. Die doel van die keusevrae is om aan te toon dat VERGEWE nie 'n vaste begrip is nie, maar verskillende dinge sou kon beteken onder verskillende omstandighede. Lees die vraag en moontlike antwoorde telkens goed deur. Merk met jou muis die blokkie teenoor die antwoord wat die BESTE pas by hoe jy voel.

 

 

 

 

 

 

K

E

U

S

E

V

R

A

E

 

 

 

 

 

 

1. Jou tienerseun speel wederegtelik met 'n krieketbal in die huis en breek die TV.

Jy VERGEWE hom.    In dié geval BETEKEN vergewe..

a. Vergewe beteken dat jy nie kwaad is nie, nie raas nie en nie straf nie. So stel jy vir hom 'n voorbeeld van hoe 'n Christen behoort op te tree.

b. Vergewe beteken dat jy kwaad is en raas, maar nie straf nie, want mens kan nie vergewe EN straf nie.

c. Vergewe beteken dat jy wel straf, maar nie vergeld nie, bedoelende dat jy hom nie die volle bedrag nie, maar net 'n gedeelte van die skade uit sy sakgeld laat afbetaal sodat hy enersyds kan leer jou liefde vir hom beteken jy is genadig, maar andersyds moet hy leer om die gevolge van sy keuses te dra.

 

 

 

 

 

 

Tik die simbool van jou keuse (a, b of c) op jou antwoordblad, want jou muismerkie is nie blywend nie. Lewer ook kommentaar of brei uit op jou antwoord as jy wil.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte

web-span se gedagtes _

 

Die antwoord van ons keuse is (c) omdat Spreuke 13:24 sê: "Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is." Die verskil tussen straf en vergeld is hier vir ons baie belangrik. Die gesindheid is LIEFDE, nie wraak, of "om jou toorn te koel" nie. Die straf is is daarop gerig om te doen wat die beste is vir jou seun in terme van sy opvoeding. Dit is soos daar geskrywe staan: "die LIEFDE.. soek nie sy EIE belang nie" (1 Kor 13:5) Verder sê die teks: "Die liefde.. is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie."

 

 

 

 

 

 

 

 

T

W

E

E

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Jy (of jou vrou, as jy 'n man is) sal na 'n rampspoedige operasie nie weer kan kinders hê nie. Gelukkig het julle reeds een kind. Die chirurg het 'n nalatige fout begaan. Dit sou nie gebeur het as hy streng volgens die neergelegde riglyne opgetree het nie. Selfs 'n tweede operasie sal nie die skade kan herstel nie. Boonop vind jy agterna uit dat die dokter 'n Ateïs is.

Jy VERGEWE hom.    In dié geval BETEKEN vergewe..

a. Vergewe beteken jy tree nie teen hom op nie. Jy laat dit aan God oor om regverdig oor hom te oordeel - soos Hy dit goedvind.

b. Vergewe beteken jy is nie kwaad vir hom nie. Jy praat met hom, aanvaar sy verskoning en bid dat God hom sal vergewe en hom dit nie sal toereken nie.

c. Vergewe beteken jy dagvaar hom en gaan getuig onder eed in die hof teen hom om seker te maak hy verloor sy lisensie om medies te praktiseer: Jy maak 'n voorbeeld van hom sodat ander dokters hulle moet nugter wakker skrik en seker maak dié soort ding gebeur nooit weer nie! Jy bid selfs dat God hom sal straf vir wat hy gedoen het. Al wat vergewe in dié geval prakties beteken - is dat jy nie die reg in eie hande neem en hom persoonlik gaan verwurg nie! Jy laat die oordeel aan die owerheid - en bo alles - aan God oor!

d. Vergewe beteken jy dagvaar hom en gaan getuig onder eed in die hof teen hom. Jy maak 'n voorbeeld van hom sodat ander dokters hulle moet nugter wakker skrik en seker maak dié soort ding gebeur nooit weer nie! Tog bid jy dat God die wonder van weergeboorte ook in sy hart sal laat plaasvind. Gebeur dit - sal God hom alle oortredinge vergewe.

e. Vergewe beteken jy dagvaar hom en gaan getuig onder eed in die hof teen hom. Jy maak 'n voorbeeld van hom om seker te maak dié soort ding gebeur nooit weer nie! Jy bid dat God hom sal tref oor wat hy aan jou gedoen het! Eenersyds bid jy dat God 'n einde sal maak aan sy sondige bestaan deur hom te tref met die wonder van weergeboorte! Jou begeerte is dat hy soos Saulus op die pad na Damaskus destyds getref sal word deur hemelse lig wat die hart van 'n moordenaar in dié van 'n dertiende apostel verander het! So sal hy sterf aan homself, sy kruis opneem en terwyl hy Jesus volg ervaar dat God hom alle oortredinge vergewe. Die nare mens wat hy eens was sal daar nie meer wees nie. Andersyds bid jy dat God hom sal tref - selfs met die ewige straf as hy onversetlik sou bly volhard in sy onbekeerdheid!

 

 

 

 

 

 

Tik die simbool van jou keuse (a, b, c, d of e) op jou antwoordblad. Lewer ook kommentaar of brei uit op jou antwoord as jy wil.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte

web-span se gedagtes _

 

Die antwoord van ons keuse is (e). Ons wil hof toe gaan, want uit LIEFDE vir alle ander potensiële slagoffers van mediese wanpraktyk wil ons ons deel doen om dit te bekamp ten einde te voorkom dat iets soortgelyk met hulle ook gebeur, daar staan immers op tien plekke variasies van die volgende geskryf: "Jy moet uit Israel UITROEI dié wat onskuldige bloed vergiet, dan sal dit met jou goed gaan." (Deut 19:13) Uit liefde vir die betrokke dokter wil ons graag hê hy moet die totale en ewige vergifnis ontvang wat net kan volg op 'n egte bekering. Die liefde vir God, vir ons naaste en vir onsself wek in ons 'n HAAT vir onreg en sonde, daarom bid ons dat hy waaragtige straf sal ontvang as hy kies om onbekeerd en sonder egte berou in sonde te volhard. So stel die gelowiges dit in die Bybel: "Ek het die verraad van die ontroues gesien, en dit het my met walging vervul dat hulle U woord nie gehoorsaam nie." (Ps 119:158) en ook: "Straf hulle, Here, volgens wat hulle gedoen het, laat benoudheid hulle oorval, tref hulle met U vloek, agtervolg hulle in U toorn en verdelg hulle, weg onder U hemel uit. (Klaagl. 3:64-66)

 

 

 

 

 

 

 

 

D

R

I

E

 

 

 

 

 

 

 

 

 

3. 'n Variasie van die vorige geval: Jy (of jou vrou, as jy 'n man is) sal na 'n operasie wat verkeerd geloop het finaal kinderloos wees. Die chirurg het 'n nalatige fout begaan. Na baie jare se ondervinding het hy gereken dis nie meer vir hom nodig om so streng volgens riglyne op te tree nie. Julle ken die dokter al jarelank as 'n ware gelowige en huisvriend. Julle deel weekliks in dieselfde Bybelstudiegroep en aanbid die Here saam. Hy is in trane as hy om verskoning vra..

Jy VERGEWE hom.    In dié geval BETEKEN vergewe..

a. Vergewe beteken jy tree nie teen hom op nie. Jy laat dit aan God oor om regverdig oor hom te oordeel - soos Hy dit goedvind.

b. Vergewe beteken jy aanvaar sy berouvolle verskoning en bid dat God hom sal vergewe en hom dit nie sal toereken nie.

c. Vergewe beteken jy is kwaad, maar jy dagvaar hom nie, want dan sal hy sy mediese lisensie verloor.

d. Vergewe beteken jy dagvaar hom en gaan getuig onder eed in die hof teen hom. Jy maak 'n voorbeeld van hom sodat ander dokters hulle moet nugter wakker skrik en seker maak dié soort ding gebeur nooit weer nie! Tog bid jy dat God hom sal vergewe en nie die oortreding sal toereken nie.

e. Vergewe beteken jy dagvaar hom en gaan getuig onder eed in die hof teen hom. Jy maak 'n voorbeeld van hom sodat ander dokters hulle moet nugter wakker skrik en seker maak dié soort ding gebeur nooit weer nie! Jy vra geen versagting by die Here vir hom nie. Jy bid net dat God oor hom sal oordeel soos Hy dit goed vind. Eintlik beteken vergewe in dié geval bloot dat jy nie die reg in eie hande neem en hom persoonlik gaan aanrand nie! Jy laat die oordeel aan die owerheid - en bo alles - aan God oor!

 

 

 

 

 

 

Tik die simbool van jou keuse (a, b, c,d of e) op jou antwoordblad, want jou muismerkie is nie blywend nie. Lewer ook kommentaar of brei uit op jou antwoord as jy wil.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte

web-span se gedagtes _

 

Die antwoord van ons keuse is (b). God het ons vergewe, daarom moet ons mekaar ook van harte vergewe. Die medegelowige se berou sal maak dat hy van nou af in sy spore sal trap en nie weer nalatig sal wees nie. In dié geval werk ons vergifnis egter soos 'n opgeskorte vonnis: As ons ooit te wete kom dat hy nie regtig afgesien het van sy verkeerde optrede nie en hom in die toekoms weer aan nalatigheid skuldig maak - sal ons die saak waarvoor ons hom aanvanklik vergewe het voor die mediese raad bring sodat hy geskors kan word uit sy pos. In Jesus se gelykenis in Matt 6:33-34 eis die koning ook weer opnuut al die skuld wat hy voorheen afgeskryf het wanneer hy sien die man wie se skuld afgeskryf was se gesindheid getuig nie van nederige dankbaarheid nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

V

I

E

R

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4. 'n Satanis ontvoer jou dogter, verkrag haar herhaaldelik, kap haar dan in stukke en offer haar ledemate in satanistiese rituele. Hulle vang hom op die ou end met haar skedel wat hy as blaker vir 'n swart kers gebruik..

Jy VERGEWE hom.    In dié geval BETEKEN vergewe..

a. Vergewe beteken jy laat dit aan God oor om regverdig oor hom te oordeel - soos Hy dit goedvind.

b. Vergewe beteken jy bid dat God hom sal vergewe en hom dit nie sal toereken nie.

c. Vergewe beteken jy getuig in die hof oor hoe jou lewe geaffekteer word deur die gruweldade in 'n poging om die swaarste vonnis moontlik oor hom uitgespreek te kry. Jy wil hê die hof moet 'n voorbeeld maak van hom sodat ander geweldsmisdadigers afgeskrik kan word! Jy bid selfs dat God hom sal straf vir wat hy gedoen het. Al wat vergewe in dié geval prakties beteken - is dat jy nie die reg in eie hande neem en hom persoonlik gaan verwurg nie! Jy laat die oordeel aan die owerheid - en bo alles - aan God oor!

d. Vergewe beteken jy getuig in die hof oor hoe jou lewe geaffekteer word deur die gruweldade in 'n poging om die swaarste vonnis moontlik oor hom uitgespreek te kry. Jy wil hê die hof moet 'n voorbeeld maak van hom sodat ander geweldsmisdadigers afgeskrik kan word! Tog bid jy dat God die wonder van weergeboorte ook in sy hart sal laat plaasvind. Gebeur dit - sal God hom alle oortredinge vergewe.

e. Vergewe beteken jy getuig in die hof oor hoe jou lewe geaffekteer word deur die gruweldade in 'n poging om die swaarste vonnis moontlik oor hom uitgespreek te kry. Jy wil hê die hof moet verhoed dat 'n volgende persoon sy slagoffer word en 'n voorbeeld maak van hom sodat ander geweldsmisdadigers ook afgeskrik kan word! Jy bid dat God hom sal tref oor wat hy gedoen het! Eenersyds bid jy dat God 'n einde sal maak aan sy sondige bestaan deur hom te tref met die wonder van weergeboorte! So sal hy sterf aan homself, sy kruis opneem en terwyl hy Jesus volg ervaar dat God hom alle oortredinge vergewe. Die nare mens wat hy eens was sal daar nie meer wees nie. Andersyds bid jy dat God hom sal tref - selfs met die ewige straf as hy onversetlik sou bly volhard in sy onbekeerdheid!

 

 

 

 

 

 

Tik die simbool van jou keuse (a,b,c,d of e) op jou antwoordblad. Lewer ook kommentaar of brei uit op jou antwoord as jy wil.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte

web-span se gedagtes _







 

Die antwoord wat die beste weerspieël hoe ons voel is (e). 

 

 

 

G

E

V

O

L

G

T

R

E

K

K

I

N

G

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons het nou na praktiese situasies gekyk. Het jy ook gevind dat vergewe nie vir jou 'n vaste begrip is nie, maar verskillende dinge beteken onder verskillende omstandighede? Brei uit op jou antwoord..

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte

web-span se gedagtes _

 

Uit die gevallestudies kon ons duidelik sien dat vergewe nie vir ons 'n vaste begrip is nie, maar prakties verskillende dinge sal beteken afhangende van die presiese omstandighede en die persone wat betrokke is. Dit maak ook 'n verskil of die persoon wat ons vergewe 'n medegelowige is of glad nie 'n gelowige is nie. In die geval van die moordenaar-verkragter het vergewe selfs nie uitgesluit dat ons hom wettig sou vervolg en God se straf oor hom sou toebid nie. Daarteenoor: In die geval van die dokter wat 'n medegelowige is, het vergewe verhoed dat ons hom hof toe neem en het vergewe behels dat ons selfs gebid het dat God hom nie sy oortreding sal toereken nie.

 

Uit die vier gevallestudies sien ons, as ons prakties raak, dan is vergewe nie 'n vaste begrip nie. Om jou seun te vergewe vir breekskade behels byvoorbeeld nie dieselfde as om 'n moordenaar-verkragter te vergewe nie..

Wat ons met vergewe bedoel kan oor 'n wye spektrum strek

- so wyd soos die spektrum van tipes mense

wat ons onder 'n hele wye spektrum van tipes omstan­dighede moet vergewe.

Dit lyk of vergewe in die praktyk soos die kleurbane in 'n reënboog werk:

Dit kan geel of blou of rooi of groen wees

en nog steeds deel wees van die reënboog!

Wat dit egter NIE kan wees nie - is 'n donker wolk van yskoue, ingehoue bitterheid of 'n skroeiwarm weerligstraal van "EIE OORDEEL FEL!"

 

 

 

 

 

 

P

R

O

B

L

E

E

M

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons weet ons moet alle mense vergewe wat teen ons oortree. In Matteus ses leer Jesus ons bid: "Ons Vader wat in die hemel is.. vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree." Die vraag is nou: Is dit regtig Bybels om ONDERSKEID te tref tussen hoe ons verskillende mense onder verskillende omstandighede vergewe?

 

 

Is daar nie eintlik maar net EEN norm vir vergewe nie, naamlik SOOS God ONS vergewe?

 

 

In die vier gevallestudies hierbo het dit wel vir ons reg en natuurlik gevoel om onderskeid te tref wanneer ons verskillende mense onder verskillende omstandighede vergewe, maar hoe weet mens of dit in lyn is met God se Wil wat in Sy Woord geopenbaar word, of dalk net in lyn met die (sondige!) begeertes van ons gebroke menslike natuur?

 

 

Kom ons kyk of ons verskillende soorte vergewe onder verskillende omstandighede teenoor verskillende soorte individue in die Skrif kan onderskei. Dan kan ons mos weet of dit Skriftuurlik is, of maar net iets wat behoort tot ons ou natuur en waarvan ons ons liewer moet bekeer..!

 

 

 

 

 

 

 

S

K

R

I

F

O

N

D

E

R

S

O

E

K

 

 

 

 

 

 

 

 

"Verklaar Skrif met Skrif" is 'n bekende uitdrukking onder Bybelverklaarders. Dit behels dat 'n mens nie geïsoleerd na 'n teks moet kyk nie, maar jouself moet afvra wat die res van die Skrif oor 'n onderwerp sê. Anders kan 'n mens die bedoeling daarvan verkeerd verstaan.

 

 

So byvoorbeeld staan daar baie duidelik in Markus 11:25 En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe.”

 

 

Beteken dit nou dat ons altyd maar mense eenders moet vergewe as ons iets teen iemand het?

 

 

Kom ons kyk na wat die Skrif in sy geheel vir ons uitbeeld oor ons plig om te vergewe..