|
|
|||||
|
|
|||||
|
|
|||||
|
B |
y |
b |
e |
l |
s |
t |
u |
d |
i |
e |
|
|
A |
a |
n |
l |
y |
n |
|
|
||||||||||||||||||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
W |
e |
e |
k |
1 |
|
..Verruim jou ingeligte opinie met lekker, kreatiewe aflaai&eposgesels Bybelstudies..! |
|
|
|
|
Gebed |
|
|
|
|
|
Here, ons wil graag deeglik verstaan wat dit beteken om vir Jou vissers van mense te wees. Ons ervaar 'n wonderlike verhouding met Jou wat ons graag met alle mense wil deel. Ons wil graag die hele wêreld van Jou vertel en al die mense na 'n persoonlike verhouding met Jou lei, maar in die praktyk voel dit soms of ons net so min sukses in die samelewing het - as wat Noag met sý tyd se verlore mense gehad het. |
|
||||
|
|
|
|||||
|
|
|
|||||
|
|
|
|||||
|
|
Dit voel of die mense wat Jou die dringendste nodig het die minste belang stel om van Jou te hoor. Ander kyk en kyk, maar sien nie werklik nie: Hulle hoor en hoor, maar die blye boodskap wek nie regtig blydskap in hulle harte nie. |
|
||||
|
|
|
|||||
|
|
Help ons asseblief om ons rol in die redding van verlore mense te verstaan, Here. |
|
||||
|
|
Ons vra dit in Jou Naam, Here Jesus. Amen. |
|
||||
|
|
|
|
||||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kom ons kyk of ons uit die Woord uit kan vasstel wat dit prakties behels om vissers van mense te wees.. |
|
|||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In Matteus 4:18-22 lees ons "Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” |
Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg." |
|
Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg. |
|
|
|
|
|
|
..web-span se gedagtes _ |
|
|
Kyk 'n mens geïsoleerd na dié roeping in Matt 4:18-22, sou mens dit kon interpreteer asof slegs Petrus en Andreas met dié woorde van Jesus geroep word om vissers van mense te wees. Plaas jy egter Jesus se opdrag in Matteus 28:19-20 langs dié teks, |
|
|
|
verander die prentjie, want daar brei Jesus die roeping na alle gelowiges uit met dié woorde: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense My dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. |
|
In 1Kor 10:33 spel Paulus dit ook duidelik uit dat die redding van ander mense ons doelstelling moet wees, as hy ons oproep met die woorde: "Maak soos ek: ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie belang nie maar dié van baie ander, sodat hulle gered kan word." |
|
|
|
|
|
|
|
Visvangmetodes |
in die see van Galilea |
|
|
|
|
|
|
In die Bybelse tyd kon mense individueel visvang: Daar is sprake van visvang met 'n hoek (Soos toe Petrus man-alleen die vis met die goue muntstuk in die mond gevang het in Matt 17:24-27.) Met 'n hoek kan jy van die kant of van 'n boot af vang, in vlak óf diep water. Die soort vis wat jy met 'n hoek gaan vang, hang ten nouste af van die soort aas wat jy gebruik. Nie alle soorte vis byt egter aan 'n hoek nie. |
|
Petrus en Andreas was saam-saam besig om met 'n werpnet vis te vang toe Jesus hulle roep om alles te los en vissers van mense te word. Met 'n werpnet sou 'n mens egter ook individueel kon visvang. Hierdie soort net word vandag nog in sommige tropiese lande gebruik. Dit is veral gesik vir gebruik in vlak water en standmere. Dié soort net is rond met klein gewiggies op die rand. Dit word met 'n draai-beweging gewerp en val oop op die water, waar die gewigte dit na die bodem trek. Wanneer die koord in die middel van die net getrek word, vou die net toe en word net die visse wat in die netwerk verstrengel geraak het, land toe gesleep. |
|
Teenoor bogenoemde metodes wat individuele visvangs toelaat en waarmee 'n mens darem elke nou en dan iets kant toe sou kon bring staan die langsame metode wat spanwerk vereis, naamlik visvang met 'n treknet. 'n Treknet is 'n groot losgeweefte visnet (tot 250 meter lank) wat vertikaal in die water hang, met dobbers aan die bokant en gewigte aan die onderkant. Enige grootte en soort vis word daarmee gevang deurdat hulle verstrengel raak daarin. Eers as die net vol geword het sleep hulle dit op die strand uit en dan word die eetbares en oneetbares gesorteer. |
|
|
|
Dit is opvallend dat die Here Jesus die koninkryk van die hemel nie vergelyk met individuele kits-visvangmetodes nie, maar spesifiek met treknet-visvang, die langsame metode wat spanwerk vereis. Ons tref hierdie vergelyking aan in Matteus 13:47-50. Daar lees ons: |
|
"Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met 'n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang. As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg. So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.” |
|
|
|
|
|
|
..web-span se gedagtes _ |
|
|
Nee, 'n span vissers wat met 'n treknet vis uitgebring het sou nie aan die einde van die dag onder mekaar kon spog oor wie die meeste of grootste visse gevang het nie, want om met 'n treknet vis te vang is uit en uit 'n gesamentlike poging. |
||
|
|
|
|
|
|
Is jy 'n suksesvolle |
visser van mense? |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
..web-span se gedagtes _ |
|
|
In die lig van Matt 13:47-50 waar die Here Jesus die koninkryk van die hemel spesifiek met die spanwerk van treknet-visvang vergelyk, reken ons dit is onbillik om "vissers van mense" te vra "Hoeveel mense het jy al vir die Here gewen?" |
||
|
|
↓ |
|
|
Om "mense vir die Here te wen" verg spanwerk waaraan talle gelowiges, sowel as die getuienis van die ganse skepping oor verloop van lang tyd deel het - in samewerking met die Een sonder Wie geen ware bekering kan plaas vind nie, naamlik die Gees van God. Dit is 'n voorreg om bystand te verleen tydens die proses waar iemand 'n ware oorgawe aan God maak. Net so min as wat 'n vroedvrou haarself egter die eer vir 'n natuurlike geboorte kan toedig net omdat sy op die kruin van gebeure bystand verleen het, net so min kan vissers van mense hulself die eer toedig as iemand deur die lewe-wekkende werk van die Heilige Gees uit God gebore word. Joh 1:12-13 sê immers: "Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore. |
|
|
|
|
|
|
Een treknet of baie? |
Eenmalig of herhaaldelik? |
|
|
|
|
|
|
As jy die gelykenis oor die koninkryk van die hemel, uitgebeeld in terme van treknet-visvang lees, kry jy die indruk dat een, groot universele treknet net eenmaal aan die voleinding van die wêreld "op die strand" uitgesleep sal word, wanneer die engele sal uitgaan om amptelik die slegtes van die goeies te skei en hulle as deel van die eindoordeel in die hel te gooi / of kry jy die indruk dat die proses baie keer en met baie verskillende nette deur die verloop van die wêreldgeskiedenis herhaal word? Die tabel hieronder toon aan wat in die teks geskryf staan teenoor dit wat opvallend nie in die teks geskryf staan nie.. |
|
|
|
Wat daar WEL staan |
Wat daar NIE staan nie |
|
"Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met 'n treknet |
Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met treknette |
|
Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met 'n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang. |
Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met 'n treknet wat in die see gegooi word en allerhande soorte vis vang. |
|
As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit |
Wanneer dit vol word, sleep hulle dit op die strand uit |
|
en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg. So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.” (Matteus 13:47-50) |
|
|
|
|
|
|
|
..web-span se gedagtes _ |
|
|
Uit die Here Jesus se keuse om die koninkryk van die hemel te vergelyk met treknet-visvang, blyk dit dat ons rol as vissers van mense meerendeels passief of staties sal wees. By die eerste gedagte daaraan is 'n mens geneig om teleurgesteld te voel. Dan besef 'n mens eers hoe 'n noodsaaklike statiese rol 'n damwal byvoorbeeld speel om massas water bymekaar te hou. Jesus het gesê ons moet die lig vir die wêreld wees, dit is ook 'n statiese rol, want lig doen nie iets nie, dit IS net. Hy het ook gesê ons moet die sout vir die aarde wees, en die rol van sout is ook nie om tot aksie oor te gaan nie, maar om net te wees wat dit is. |
||
|
|
↓ |
|
|
Dalk moet ons net eenvoudig deel wees van die baie groot net wat stil in die see hang en niks meer doen nie as om te wees wat hy is. Die Ou Testamentiese volk van God lyk of hulle so 'n statiese rol gespeel het t.o.v die redding van die mensdom om hulle. Mense van oor die wêreld heen het Jerusalem toe gekom om Salomo se Godgegewe wysheid aan te hoor. 'n Mens sien ook nie dat gelowiges in die Nuwe Testamentiese Briewe aangespoor word om aan die heidene se deure te gaan klop en te vra of hulle al van Jesus gehoor het nie. Dit is heel verstaan-baar in die afwesigheid van enige sendingreise aan die kant van mense soos Noag en Dawid en Samuel. ..Maar hoe rym dié soort siening met Paulus se sendingreise, sou iemand kon vra? Ons sal graag later by 'n antwoord hierop wil uitkom.. |
|
|
|
|
|
|
Waarop slaan die |
beeldspraak? |
|
|
|
|
|
|
'n Mens moet altyd versigtig wees om nie meer in 'n gelykenis te lees as wat die Here daarmee bedoel nie. |
Aan die anderkant moet 'n mens deeglik aandag skenk aan die beeldspraak om seker te maak niks van die Here se bedoeling daarmee gaan by jou verby nie. |
|
As die Here die koninkryk van die hemel vergelyk het met hoek-en-aas visvang sou ons as vissers van mense lekker lank in terme van die beeldspraak kon spekuleer oor wat nou regtig die "aas" is waarmee ons vir mense die Bybelboodskap aantreklik moet maak, en oor wat die "hoek" van God se redding is, waarmee ons mense se aandag en belangstelling moet vasvang. |
|
|
'n Mens sou selfs kon gis oor watter tipe aas om aan watter tipe hoek te sit as ons mense uit verskillende teikengroepe sou benader met die Boodskap van die Evangelie. |
Die Here het die koninkryk egter vergelyk met treknet-visvang, en nou is die enigste vrae wat betrekking het: Wat dink jy stel die beeld van die see in dié vergelyking voor? En wat dink jy stel die treknet voor? |
|
|
|
|
|
|
..web-span se gedagtes _ |
|
|
Aan die voleinding van die wêreld, as die net vol geword het, word dit op die strand uitgesleep. Die vis wat heeltyd in die see gewoon het ontdek nou 'n heel nuwe wêreld bokant die oppervlak van die water. As "die lewe hierna" deur die lewe op land, vry van die water se beperkinge voorgestel word, dan dui die lewe in die see op die aardse bestaan van die mens: Daar waar hy geleef het voordat die voleinding van die wêreld aangebreek, en God hom na die strand; die oewers van die ewigheid gebring het. |
||
|
|
|
|
|
|
..web-span se gedagtes _ |
|
|
Aangesien daar in dié vergelyking van Jesus geen verwysing na enige vissermanne is nie en dit die engele, pleks van menslike vissermanne is wat uiteindelik die vis sorteer, kan 'n mens aanneem dat dit God se Eie net is wat daar in die see hang; dat Hy die Een is wat die net meesterlik knoop. Só gesien is ons rol as vissers van mense dan eintlik om deel te vorm van hierdie net waarin die vis gevang word. (Ons lewe immers self ook nog binne-in die "see" wat hier die tydelike, aardse bestaan van die mens voorstel.) |
||
|
|
|
|
Die treknet waarin die vis gevang word is 'n netwerk wat bestaan uit die getuienisse van al God se kinders, tesame met die getuienis van Sy Woord en die ganse skepping! In dié net is die getuienis oor Sy liefde, Sy genade en Sy toorn oor die korruptheid van die mensdom verweef. |
|
|
|
||
|
|
|
||
|
|
|
||
|
|
|
||
|
|
|
||
|
Wie dié netwerk van getuienisse aanhoor en dit daagliks in hul lewens gedemonstreer ervaar, kan dit nie ontvlug nie en raak innerlik verstrengel daarin: Gekonfronteer met die daaglikse keuse om te kies VIR God of TEEN God! - Om God altyd en in alles EERSTE in jou lewe te stel, of tweede, ná die arrogante, astrante, klein "self" wat so graag wil wedywer om op die troon van God in jou lewe te gaan sit en sy eie belange en plesiertjies voorop te stel. |
|||
|
Paulus beskryf die werking van 'n geloofsnetwerk as hy in sy brief aan die Korintiërs sê: “Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het.” (1Kor 3:5-6) |
|||
|
|
|
|
|
|