laat weet

info

ander studies

vertel      

Kom ons kyk NADER en DIEPER..

      epos

homepage

antwoordblad

donasies

B

Y

B

E

L

S

U

D

E

 

 

A

A

N

L

Y

Elkeen se opinie is vir ons belangrik en EWE gewigtig, want Jesus het gesê: "Julle moet julle nie "rabbi" laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is ALMAL broers."

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

W

E

E

K

5

 ..Verruim jou ingeligte opinie met lekker, kreatiewe aflaai&eposgesels Bybelstudies..!

 

Deel saam met ons in die gebed:

 

 

Ons Vader; ons Pa wat in die hemel is, ons behoort nie aan onsself nie; ons behoort aan Jou! Ons wil leer om te vergewe - soos wat Jy graag wil hê dat ons moet vergewe.

 

 

Ons wil graag met ons hele hart die voorbeelde navolg wat Jy vir ons in die Bybel voorhou. Ons wil graag heelhartig kan deel in die gebede van gelowiges soos Dawid wat Jy vir ons in die Psalms laat opteken het sodat ons daarmee saam kan bid, maar soms staan daar dinge wat so kras is dat dit vir ons moeilik is om dit te versoen met die liefde wat ons vir ons medemens moet hê..

 

 

So bid Jou dienaar, Dawid in Psalm 158:11 "Die regverdige sal bly wees as hy sien daar is vergelding, as die bloed van die goddeloses oor sy voete loop." As ons dit lees lyk dit soms vir ons so ondenkbaar dat dit by ware gelowiges 'n emosie soos blydskap kan wek om die bloed van goddelose mense oor hulle voete te sien loop.

 

 

In die lewens van Paulus en Dawid wat Jy vir ons as voorbeelde in Jou Woord laat aanteken het, sien ons baie keer 'n vergewe wat ons ongemaklik kan laat voel. 'n Vergewe wat niks meer beteken nie as dat hulle hulleself van persoonlike wraak weerhou.

 

 

Ons leer oor Jou profeet Elisa wat omgekyk en kinders vervloek het toe hulle hom terg. Dan sien ons hoe Jy dié vervloeking bekragtig deur twee beerwyfies te stuur om die twee-en-veertig seuntjies te verskeur..!

 

 

Dit alles is vir ons moeilik om te begryp, maar ons wil graag leer.

 

 

Dit bid ons in die Naam van ons Groot Leermeester: In die Naam van Jesus - wat enersyds die kindertjies geseën, en andersyds die vyeboom buite Jerusalem vervloek het sodat hy tot in sy wortels verdroog het!

 

 

Amen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

In ons Bybelstudie oor vergewe kyk ons dié week wat ons kan leer oor die manier waarop God mense vergewe..

 

 

 

 

 

 

 

 

Die boek Numeri vertel ons meer oor 'n belangrike beginsel wat geld wanneer God vergewe..

In Num 15:22-32 lees ons: “Dit kan gebeur dat julle  onopsetlik  sondig en nie handel volgens al die gebooie wat Ek, die Here, aan Moses gegee het nie, dat julle nie handel volgens alles wat Ek julle deur Moses beveel het van die dag af waarop Ek dit gegee het en verder in julle nageslagte nie.

As dit  onopsetlik  gedoen is sonder dat die gemeente daarvan bewus was, moet die hele gemeente 'n jong bul as brandoffer berei wat deur My, die Here, aanvaar word. Hulle moet dit berei saam met die voorgeskrewe graan-en drankoffer, en 'n bokram as sondeoffer. Die priester moet vir die hele gemeente van Israel versoening doen, en hulle sal vergewe word, want dit was  onopsetlik,  en hulle het vir hulle  onopsetlike  sonde hulle vuuroffer en hulle sondeoffer vir My gebring.

Die hele gemeente van Israel en die vreemdeling wat by hulle woon, sal vergewe word,

want hulle het  onopsetlik  gesondig.

As een persoon  onopsetlik  sondig, moet hy 'n jaaroud bokooi as sondeoffer bring. Die priester moet vir die persoon

wat  onopsetlik  gesondig het, voor My versoening doen, en as die versoening vir hom gedoen is, sal die sonde hom vergewe word.

Een en dieselfde wet geld vir elkeen wat  onopsetlik  ge­sondig het, of hy 'n gebore Israeliet is of 'n vreemdel­ing wat by julle woon.

“Maar die landsburger of vreemdeling wat  moedswillig  sondig, doen My, die Here, oneer aan en hy moet van sy volk  afgesny  word.

Omdat hy die woord van die Here verag het en sy gebooie verbreek het, moet so iemand  doodgemaak  word;

 hy  moet die straf vir sy sonde  dra.” 

Num 15:22-32

 

 

 

 

 

 

 

Wat was volgens Num 15:22-32 die offer wat gebring moes word as die volk Israel onder die Ou Testamentiese bedeling besef het dat hulle as gemeente onopsetlik gesondig het?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie antwoord





 

 

 

..web-span se antwoord _

 

 

As die volk Israel onder die Ou Testamentiese bedeling besef het dat hulle as gemeente onopsetlik gesondig het, moes die hele gemeente 'n jong bul as brandoffer berei. Hulle moes dit berei saam met die voorgeskrewe graan-en drankoffer, en 'n bokram as sondeoffer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wat was volgens Num 15:22-32 die offer wat gebring moes word as een persoon onder die Ou Testamentiese bedeling besef het dat hy of sy onopsetlik gesondig het?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie antwoord





 

 

 

..web-span se antwoord _

 

 

As een persoon onder die Ou Testamentiese bedeling besef het dat hy of sy onopsetlik gesondig het, moes hy of sy 'n jaaroud bokooi as sondeoffer bring. Die priester moes vir die persoon wat  onopsetlik  gesondig het, voor God versoening doen, en as die versoening vir hom gedoen is, is die sonde hom vergewe word. Een en dieselfde wet het gegeld vir elkeen wat  onopsetlik  ge­sondig het, of hy of sy 'n gebore Israeliet was of 'n vreemdel­ing wat by hulle gewoon het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Teenoor onopsetlike sonde staan moedswillige sonde: Wat was volgens Num 15:22-32 die offer wat gebring moes word as 'n persoon onder die Ou Testamentiese bedeling moedswillig gesondig het?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte





 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

 

Moedswillige, of opsetlike sonde staan lynreg teenoor onopsetlike sonde.

 

Terwyl die Here in Sy groot en onverdiende genade offers voorgeskryf het waarmee vir die sondaar versoening gedoen moes word in geval van onopsetlike sonde,

was daar volgens Num 15:22-32 hoegenaamd geen offer wat moedswillige sonde kon versoen nie.

Die landsburger of vreemdeling wat moedswillig sondig moes met die doodstraf van die volk van die Here afgesny word.

So iemand moes summier na liggaam doodgemaak word. Dit is die eerste dood. Daarmee is sy gees die ewige dood ingestuur..

 

Só moes hy self (en geen offerdier nie) die straf vir sy ewig-onversoende, moedswillige sonde dra.

 

 

 

 

 

In Num 15 beveel die Here die priesters onder die volk om nie vir moedswillige sondaars versoening te probeer doen met offers nie. Die Here beveel Sy volk om moedswillige sondaars met die dood te straf en so van Sy volk af te sny! Die bevel dat gelowiges moedswillige sondaars met hulle eie hande om die lewe moes bring was nie strydig met dieselfde Here se opdrag dat ons ons naaste moet liefhê nie: Dit beklemtoon eerder dat ons liefde vir God voorrang moet geniet bo ons liefde vir ons naaste! Dat naasteliefde juis in lyn met ons liefde vir God moet wees, en nie ten koste van liefde vir God moet wees nie..

 

 

 

 

 

 

 

Hoe laat Num 15 jou beter begryp waarom Dawid in Ps 139:21-22 bid: "Moet ek U haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie 'n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie? Ek haat hulle met 'n uiterste haat, want hulle is ook my vyande."

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte





 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

 

Num 15 laat ons beter begryp waarom Dawid in Ps 139 bid: "Moet ek U haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie 'n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie? Ek haat hulle met 'n uiterste haat, want hulle is ook my vyande."

 

Ooreenkomstig die Here se opdrag het Dawid God met sy hele hart lief, en sy naaste soos homself. Juis as mens God met jou hele hart, bo alles en almal in jou lewe liefhet kan jy waarlik jou naaste liefhê. Naasteliefde bestaan daarin dat 'n mens jou medemens gun om saam met jou in liefde en harmonie met jou en met God en met die ganse skepping te leef!

Die liefde maak ons gretig om te vergewe, om nuut te begin met ons medemens - waar verhoudings skeef geloop het en om ander te help om aan hierdie liefde en harmonie deel te hê.

Aan die ander kant heul liefde nie met die vyand; met veragting vir wat goed is en met opstand teen God nie! Omdat Dawid God waarlik liefhet - haat hy mense wat moedswillig sondig! Hy haat mense wat hulle daarin verlekker om af te breek wat goed is en om onmin te saai. Hy haat hulle met 'n uiterste haat. Dit is egter 'n gans anderse haat as dié haat wat uit die verwronge menslike natuur voortkom, naamlik 'n haat wat uit onmin gebore is en maar net haat ter wille van haat.

Dawid haat die Godloënaars omdat hulle karakter teen die grein van die Here se liefde gaan. Hy haat die opstandiges omdat hy die Here waarlik liefhet. Dié soort haat is juis gebore uit die liefde en bestaan ter wille van die liefde. Hulle liefde vir God bring die volk daartoe om die wederstrewiges te haat en die doodsvonnis oor hulle te voltrek deur hulle te stenig.

 

Ons sien in Num 15 die Ou Testamentiese volk het sondaars lief, daarom wy die priesters hulle loopbaan daaraan om deurentyd namens die oortreders sondeoffers te bring voor God en vir sondaars versoening te doen by Hom. Soos Dawid, hier in Psalm 139 haat die Ou Testamentiese volk egter sondaars wat moedswillig sondig! Hulle gooi dié mense met klippe dood vir wie daar geen offer voorgeskryf is wat vir hulle moedswillige sondes kan versoening doen nie! 

 

 

 

 

 

Enersyds beeld Numeri 15 vir ons uit dat God sondaars liefhet. Só lief het God sondaars dat Hy offers voorskryf waarmee vir die onopsetlike sondaar versoening gedoen moet word.

Y

God het sondaars Lief..

Andersyds beeld hierdie hoofstuk vir ons uit dat God sondaars wat moedswillig aanhou sondig nadat hulle Sy genade onvang het haat! Vir moedswillige sonde skryf Hy geen offer voor nie, nee, as iemand moedswillig sondig moet hy doodgemaak word en so die straf vir sy moedswillige sonde dra.

~ God HAAT mense wat moedswillig aanhou sondig!

 

Enersyds beeld Numeri 15 vir ons 'n volk uit wat hulle medemens waarlik liefhet. 'n Volk wat in die persoon van die priesters deurentyd gereed staan om offers te bring vir die oortredings van hulle volksgenote; om vir hulle medemens versoening te doen by God!

Andersyds beeld Numeri 15 vir ons 'n volk uit wat hulle liefde vir God éérste stel! 'n Volk wat gereed staan om die een onder hulle wat moedswillig sondig met geweld om die lewe te bring! Deur moedswillig te sondig ten spyte van die Here se genade vir Sy volk, en ten spyte van die volk se genade oor mekaar vertrap so 'n persoon die liefde van God vir die mens onder sy voete en loën hy die liefde van die volk vir God..!! Dit is genoeg om die hele volk met 'n heilige toorn op hom te laat afstorm..

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kan jy teen só 'n agtergrond verstaan waarom Dawid in Psalm 158:11 verklaar "Die regverdige sal bly wees as hy sien daar is vergelding, as die bloed van die goddeloses oor sy voete loop."

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte





 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

 

Dit is baie swaar om te sien hoe iemand gestraf word, as jy nie self ook ooggetuie was van die wandaad waarvoor die persoon gestraf word nie.

 

Dit sal vir enigeen van ons baie moeilik wees om dit te aanskou wanneer 'n ou tannie in trane voor die kameras is wanneer sy alleen in 'n koue tronksel weggegrendel word, afgesny van die samelewing daarbuite.. Ons sal aanneem dat sy maar per ongeluk 'n landswet oortree het, en daarvoor word sy nou so ongenaakbaar behandel..

Eers as ons van die gruwels hoor wat sy gepleeg het, soos dat sy haar agtjarige kleindogter as prostituut uitgehuur het en haar met kookwater gebrand het as sy nie wil saamwerk nie - dan bring dit ons daartoe om uit te roep: Dit is haar welverdiende loën!

Eers as dieselfde TV-kameras die hartseer verhaal van die mishandelde kleindogter vir ons bring - en ons die kleindogter se brandletsels, haar trane en angs oor 'n verwoeste kinderlewe kan sien - dan bring dit 'n balans met die prentjie van die aaklige ou heks wat met bloedgeld in weelde geleef het en nou uiteindelik uit die samelewing weggeboender is!

Ons eerste reaksie was: "Dit kon mý liewe ouma gewees het wat hulle nou daar toesluit! Dit kan nie reg wees nie!" Maar nadat ons die kleindogter se verhaal gehoor het roep 'n mens uit: "My liewe ouma sou nooit so iets gedoen het nie! Daardie gruwelike ou draak is die naam van ouma nie werd nie!" En ware, liefdevolle oumas van regoor die wêreld sou bewend van ontsteltenis in 'n koor uitroep: "Hulle moet haar nie net opsluit nie - hulle moet permanent van dié satanskind ontslae raak..!"

Enersyds - is daar saam met die engele en die gelowiges in die hemel by ons groot blydskap as een sondaar hom bekeer..

Andersyds deel ons ook saam met Dawid in sý blydskap, as hy sê: "Die regverdige sal bly wees as hy sien daar is vergelding, as die bloed van die goddeloses oor sy voete loop."

Dit is die bloed van die goddeloses - waaroor Dawid hom verbly; nie die bloed van 'n sondaar soos Dawid self, wat struikel wanneer hy met sy hele hart dit begeer om sy lewe waarlik aan God te wy nie!

Teenoor die berou van 'n gelowige - wat teen sy gelowige karakter in gesondig het, staan 'n beroulose en goddelose misdadiger wat in lyn met sy verwronge karakter die Allerhoogste uittart en minag.

Sy lyding..

As die mishandeling van 'n agtjarige dogtertjie - wat 'n mens soos ek en jy is - ons so erg ontstel - dan behoort dit ons nog baie erger te ontstel as iemand moedswillig teen die Here God sondig! - As iemand Sy genade verwerp, Sy liefde vertrap, die verskriklikheid van Sy lyding en Sy kruisdood vir ons ligsinnig aflag..

Sy sterwe..

 

As iemand Sy Naam misbruik, asof Sy Naam nie heilig is nie, dan maak ons liefde vir ons God - wat groter is, en MOET wees as ons liefde vir ons medemens dat ons wil stem vir 'n regering wat ooreenkomstig God se bepalings die doodstraf sal gee - nie alleen maar vir oortreders van die tweede tafel van die wet wat handel oor intermenslike verhoudings nie, maar VERAL vir oortreding van die EERSTE tafel van die wet, wat handel oor ons verhouding met Gód!!

 

 

 

 

 

 

 

N

U

W

E

 

T

E

S

T

A

M

E

N

T

 

 

 

 

Gelukkig het God mos nou Mens geword - en met smart en lyding vir alle mense aan die kruis kom sterf! Het God nie gevolglik die onderskeid tussen opsetlike en onopsetlike sonde onder die Nuwe Testamentiese bedeling opgehef nie?

 

In die Nuwe Testament praat God weer oor sonde..

1Joh 1:7-9 & 2:1-2 gee vir ons dié goeie nuus: "As ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap  en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.  As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.  Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.  Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig - ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader.  Hy is die versoening vir ons sondes" 

 

Daarteenoor waarsku dieselfde brief ons wat vergewe is in hoofstuk 3:6-9 om nie moedswillig te bly voortleef in sonde nie. Daar staan:

"Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie;  iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie.  Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is;  wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel,  want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.  Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie,  omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is." 1Joh 3:6-9

 

Ook Hebeërs 10 waarsku ons teen moedswillige sonde, met dié geweldige verklaring:

"Wanneer ons  opsetlik  bly sondig

 nadat  ons die kennis van die waarheid ontvang het,

is daar  geen offer  meer wat ons sondes kan wegneem nie.

Daar bly alleen 'n  verskriklike  verwagting oor van oordeel en 'n gloeiende  vuur  wat die teenstanders van God sal  verteer.  As iemand die wet van Moses oortree, en twee of drie getuies bevestig dit, word hy nie begenadig nie, hy word doodgemaak. Hoeveel  swaarder  straf, dink julle, sal hy kry wat die Seun van God verag het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, geminag het en die Gees van genade beledig het?" Heb 10:26-29

 

 

 

 

 

 

 

Deur watter offer word ons sondes in die Nuwe Testamentiese bedeling versoen, volgens 1Joh 1:7-9 & 2:1-2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte





 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

 

 

Volgens 1Joh 1:7-9 & 2:1-2 word ons sondes in die Nuwe Testamentiese bedeling versoen deur die offer van Jesus, die Seun van God wat vir ons gesterf het. 1Joh1:7 sê Sy bloed reinig ons van elke sonde.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deur watter offer word ons sondes weggeneem wanneer ons OPSETLIK bly sondig nadat ons kennis van die waarheid ontvang het? (Volgens Heb 10:26-29)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte





 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

 

Heb 10:26 sê: "Wanneer ons  opsetlik  bly sondig  nadat  ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar  geen offer  meer wat ons sondes kan wegneem nie."

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

In die lig van Heb 10:26-29: Sou jy sê die offer van God se Seun aan die kruis op Golgota neem wel die opsetlike sondes weg wat ons gepleeg het VOORDAT ons "die kennis van die waarheid ontvang het"