laat weet

info

ander studies

vertel      

Kom ons kyk NADER en DIEPER..

      epos

homepage

antwoordblad

donasies

B

Y

B

E

L

S

U

D

E

 

 

A

A

N

L

Y

Elkeen se opinie is vir ons belangrik en EWE gewigtig, want Jesus het gesê: "Julle moet julle nie "rabbi" laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is ALMAL broers."

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

W

E

E

K

6

 ..Verruim jou ingeligte opinie met lekker, kreatiewe aflaai&eposgesels Bybelstudies..!

 

Deel saam met ons in die gebed:

 

 

Here, baie dankie vir elkeen wat die lang pad saam met ons tot by deel ses van dié Bybelstudie oor vergewe gevorder het.

 

 

Ons het saam kosbare waarhede oor vergewe in Jou Woord ontdek: Soos mynwerkers wat hulle koplampe aanskakel en diep in die donker skagte afsak, om die aarde oop te kap en wonderlike verborge dinge te ontdek, so het Jy ook vir ons koplampe aangeskakel deurdat Jou Gees ons verstand verlig. In ons soektog het Jy Jou Woord vir ons oopgebreek en kosbare waarhede vir ons blootgelê!

 

 

Soos mynwerkers saam-saam gouderts na die oppervlak bring en dit in die smeltoonde herhaaldelik suiwer totdat die egte goud suiwer na vore kom - so het ons die interpretasie van elke teks aan indiepte bespreking en baie menings onderwerp, want ons weet hoe meer gelowiges, elk met sy eie unieke insig, Skrifkennis en ervaring aan die bespreking deelneem, hoe warmer word die smeltoond wat die klassieke Skrifwaarheid van menslike interpretasieflaters skei.

 

 

 Ons het elke teksinterpretasie aan die res van die Bybel getoets - om ons verstaan daarvan hoe langer hoe meer van eie vooroordele en aannames te suiwer - sodat die Waarheid wat Jy vir ons in Jou Woord laat opskryf het al hoe helderder vir ons na vore kom.

 

 

Here, soos juweliers goud in ringe en halssnoere giet sodat die eienaar dit uiteindelik oral met hom kan saamdra en dit deel van sy lewe en sy persoon kan maak, so wil ons dit wat ons uit Jou Woord ontgin prakties ons eie maak, sodat dit deel kan word van wie ons is: Deel van ons nalatenskap.

 

 

Ons wil dit nie met 'n sertifikaat van egtheid in 'n verborge brandkluis van teoretiese kennis gaan toesluit nie. Ons wil dit leef: Ons wil die goue Waarheid wat ons met moeite uit Jou Woord ontgin met edelstene van die regte gesindheid versier en dit oral met ons saamdra.

 

 

Ons wil die kennis van die Waarheid versier met die egte gesindheid van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid en goedhartigheid - soos Galasiërs 5:22&23 ons leer en dit nie deur hoogmoed laat verdof of dit met 'n hipokritiese gesindheid laat aanslaan nie! 

 

 

Dit is baie gevra, Here - en in ons eie krag is dit nie vir ons moontlik nie. Maar ons vra dit nie in ons eie naam nie, en ons gaan nie in ons eie menslike krag probeer nie: Ons vra dit in Jou Naam Here Jesus - en ons weet: Ons is tot alles in staat deurdat Jy ons die krag gee!!

 

 

Amen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dié week begin ons om die kennis wat ons tot dusver opgedoen het toe te pas as ons probeer om die bedoeling van nog 'n paar tammeltetjietekse oor vergewe te verstaan..

 

 

 

 

 

 

 

 

Laasweek het ons in Numerie 15 gesien hoe God duidelik onderskeid tref tussen onopsetlike sonde waarvoor met offers versoening gedoen moet word en moedswillige sonde waarvoor geen offer versoening kan doen nie en wat gevolglik vir die oortreder tot 'n teregstellingsdood lei.

In Hebreërs 10:26 het ons gesien hoe hierdie onderskeid in die Nuwe Testamentiese bedeling voortgesit word, as daar staan: "Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie. Daar bly alleen 'n verskriklike verwagting oor van oordeel en 'n gloeiende vuur"

 

Bid dat God hóm sal vergewe..!

MOENIE bid dat God hóm moet vergewe NIE!

 

 

 

 

In 1Joh 5:16-17 lees ons: "As iemand sy broer sonde sien doen wat nie tot die dood lei nie, moet hy bid en God sal die broer die ewige lewe gee. Dit geld dié wat sonde doen wat nie tot die dood lei nie.

Daar is sonde wat tot die dood lei; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie. Alle ongeregtigheid is sonde, maar daar is sonde wat nie tot die dood lei nie."

 

 

Oor dié teks skryf die bekende Bybelkommentaar, Die Bybel Verklaar: "Hier word kragtige vesekering gegee dat God op die opregte gebed sonde wat nie tot die dood lei nie, sál vergewe. Sonde wat tot die dood lei, is sonde wat OPSETLIK gedoen word - om God te tart, om die Heilige Gees te laster, en waarin volhard word."

 

 

 

 

 

 

 

Watter konsekwensies behoort 1Joh 5:16&17 in ons lewens te hê?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte →

 

...!





 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

1Joh 5:16-17 sê dat ons nie moet bid dat God sonde wat tot die dood lei moet vergewe nie. Ons moenie in die spore van die populêre Vals-Christus volg - en maak asof dié onderskeid nie bestaan nie. Mense wat opsetlik sondig is oppad hel toe, al sit hulle soms in 'n kerk en is hulle nie nét sleg nie..

Ons mag nie bid dat God 'n medemens se moedswillige sonde moet vergewe nie. Dit beteken egter nog glad nie ons moet sommer in die algemeen ophou bid vir dié mense nie! Die goeie nuus is, ons mag aanhou bid dat God die een wat opsetlik sondig se moedswillige hart sal verwyder en vir hom 'n nuwe hart sal gee! - 'n Hart wat waarlik en innig berou kry oor sy sonde - en as dit eers gebeur het geld dié belofte van Eseg 33:14-16 ook vir hóm, waar die Skrif sê:

 

 

"Wanneer Ek vir 'n goddelose sê hy sal sekerlik sterwe, en hy bekeer hom van sy sonde en hy laat reg geskied en doen reg, hy gee die goed terug wat hy as waarborg vir skuld gevat het, hy betaal terug wat hy geroof het, hy lewe volgens die voorskrifte wat lewe gee en hy pleeg nie onreg nie, sal hy lewe, hy sal nie sterwe nie. Al die sonde wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy laat nou reg geskied en hy doen reg, en daarom sal hy in die lewe bly." Eseg 33:14-16

 

 

Laasweek het ons wel in Hebreërs 6:4-6 gelees: "Wanneer mense een keer deur God verlig is, die hemelse gawe ontvang en deel gekry het aan die Heilige Gees, die goeie woord van God leer ken het en die kragte van die toekomstige wêreld ondervind het en dan nogtans afvallig geword het, is dit onmoontlik om hulle weer tot bekering te bring."

Wat vir mense onmoontlik is, is egter nog altyd vir Gód moontlik. Terwyl ons dié mense nie weer van buite tot bekering kan bring nie en hulle moet afsny van die gemeente, kan ons steeds vir hulle bid, dat God hulle van binne sal verander. Só skryf Paulus oor die hoop wat hy vir so iemand koester: "Julle daar, en ek in die gees teenwoordig, saam met die krag van ons Here Jesus, het vergader om hierdie man aan die Satan oor te gee. So sou sy sondige aard vernietig word, sodat sy gees gered kan word op die dag wanneer die Here kom." 1Kor 5:4-5

 

 

So het die verlore seun se pa hom op 'n stadium nie meer teen homself probeer beskerm nie, maar hom aan sy moedswillige begeertes om wêrelds te leef oorgegee. Hoewel hy alle bande verbreek het met die seun wat die weg van Satan gekies het, het hy in sy hart bly hoop dat die seun dalk sou terugkom: Ontnugter deur sy eie slimmigheid en uiterlik vervalle, ja; maar innerlik as 'n nuwe mens.

 

 

Ook Koning Nebukadnesar van Babel moes alles verloor en uit die menslike samelewing verwerp word - voordat hy geleer het om God te erken! Daniël het hom nie maar in sy sonde gesus nie. Hy het die boodskap van harde oordeel gebring dat Nebukadnesar alles sou verloor, en dit is juis daardeur dat dié eens aanmatigende man se siel gered kon word..

 

 

 

G

E

V

O

L

G

T

R

E

K

K

I

N

G

 

 

 

 

Ons moet vir ons medegelowiges bid: Dat God hulle onopsetlike sonde wat nie tot die dood lei nie sal vergewe.

Ons moet vir opsetlike sondaars wat balhorig op die ewige dood afstuur bid: Dat God hulle ook, soos vir koning Nebukadnesar - met 'n harde Hand tot bekering sal bring.

 

 

 

 

 

 

F

O

K

U

S

T

E

K

S

 

 

 

 

 

 

Die Vals-Christus sê:

Die Ware Christus sê:

As jou broer verkeerd optree, berispe hom en vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op ’n dag verkeerd optree teen jou moet jy hom vergewe.” (½ Luk 17:3-4)

As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op ’n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.” Luk 17:3-4

 

 

 

 

 

 

 

Wat sê die ware Christus in Luk 17:3-4 wat die halwe waarheid van die Vals-Christus NIE vir ons sê nie? En hoe beïnvloed dit jou siening oor wat vergewe beteken?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte →

 

...!



 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

Die ware Christus sê: Telkens as jou broer aan 'n kombinasie van dié drie belangrike vereistes voldoen, moet jy hom vergewe: 1. As hy berou kry, 2. na jou toe terug kom en 3. sê hy is jammer.

(Bogenoemde geld waar jy jou broer berispe het en hy darem deeglik bewus is daarvan dat hy verkeerd opgetree het teen jou!)

 

 

Gevolglik kan ons sê dat vier goed kan maak dat iemand NIE kwalifiseer vir dié broederlike vergifnis nie: 1. As hy nie berou kry, na jou toe terugkom en sê hy is jammer nie. 2. As hy na jou toe terug kom en sê hy is jammer, maar nie werklik berou het nie. 3. As daar beweer word hy sê hy is jammer, maar hy het nie genoeg berou om na jou toe terug te kom en die saak met jou reg te maak nie. 4. As hy na jou toe terugkom om die saak te probeer opklaar sonder om berou te hê oor sy verkeerde optrede en sonder om te sê hy is jammer.

 

 

As iemand nie berou kry oor sy verkeerde optrede teen jou nie, hoe kan hy dan 'n broer, dws 'n ware medegelowige wees? In Matteus 18:15-17 het ons geleer: As hy ook na die gemeente se teregwysing nie luister nie (en dus nie langer kwalifiseer vir die broederlike vergifnis nie) moet jy hom as 'n heiden en 'n tollenaar behandel. Dan behels vergifnis bloot dat jy nie haatdraend is en self wraak neem nie, maar die oordeel aan God oorlaat. In so 'n geval geld dus 'n baie enger vorm van vergifnis as die broederlike vergifnis wat behels dat ons ons broers "van harte" moet vergewe "soos wat Christus ons vergewe het".

 

D

A

W

I

D

 

V

E

R

G

E

W

E

 

S

I

M

E

Ï

Die volgende teksaanhaling is verkort..

Dawid het 'n gruwelike sonde gedoen. Hy het owerspel gepleeg met Batseba en in 'n poging om dit toe te smeer haar man se dood bewimpel. In 2 Sam 12:10-14 lees ons: Hoewel Dawid berou gekry, en die Here hom vergewe het, het die Here gesê dat die swaard nou nooit meer uit Dawid se huis sou weggaan nie:

Dawid het 'n verkeerde voorbeeld gestel vir die volk van die Here en die Here se vyande aanleiding gegee om Hom te laster. Al is Dawid dus vergewe en sy verhouding met God herstel, sou God voortgaan om sy sonde as voorbeeld vir almal voor die oë van al die nasies te straf: Gevolglik tref een ramp na die ander die koningshuis van Dawid. Die aanslae kom boonop nie van buite nie, maar van binne - in die vorm van gesinsgeweld..

Eers verkrag 'n seun van Dawid sy dogter, Tamar - sodat sy nooit weer dieselfde was nie. Toe vermoor een seun 'n ander. Daarna kom 'n seun van Dawid met geweld in opstand teen sy koningskap. Teen die agtergrond van dié opstand lees ons in 2 Sam 16 van Simeï se verkeerde optrede teen die koning. Dit speel af in die tyd toe Dawid met sy hele gevolg uit Jerusalem moes padgee en voor sy eie seun, Absalom uit moes vlug vir hulle lewens.

Ons lees: "Dawid het die Olyfberg huil-huil uitgeklim en as teken van sy droefheid was sy kop toegemaak en het hy kaalvoet geloop. Almal wat by hom was, het ook hulle koppe toegemaak en huil-huil die helling uitgeklim. Toe die koning by Bagurim kom, storm daar ewe skielik een van Saul se familielede op hom af. Sy naam was Simeï seun van Gera. So ver as hy gaan, het hy geloop en vloek. Hy het Dawid en al sy amptenare en die hele volk, ja, selfs al die dapper krygsmanne, links en regs onder die klippe gesteek. Terwyl hy loop en vloek, het Simeï uitgeroep: “Trap, trap hier uit, jou moordenaar en jou skurk! Nou straf die Here jou vir al die moorde op Saul se geslag toe jy in sy plek koning geword het. Nou het die Here die koningskap aan jou seun Absalom gegee. Nou sit jy self in die ellende omdat jy 'n moordenaar is.”

Toe vra Seruja se seun Abisai vir die koning: “Waarom vloek hierdie lae hond die koning? Laat ek sy kop vir hom gaan afkap.”

“Seun van Seruja, dit het niks met my of met jou te doen nie,” was die koning se antwoord. “Hy vloek so omdat die Here hom beveel het om vir Dawid te vloek! Niemand moet nou vra waarom hy dit doen nie.” Verder het die koning vir al sy amptenare en vir Abisai gesê: “My eie bloedkind soek my lewe. Daarom moet julle hierdie Benjaminiet met rus laat dat hy maar vloek, want die Here het hom die opdrag gegee. Miskien let die Here op my ellende en beloon Hy my met iets goeds vir vandag se vervloeking.” Dawid en sy mense het toe pad langs verder getrek. Simeï het ál teen die berghang langs geloop en vloek en klippe gooi en stof opskop. Moeg het die koning en sy geselskap by die Jordaan aangekom en daar 'n bietjie gerus.

 

..Hierna lees ons van die geveg van Dawid se mense teen Absalom en sy mede-opstandelinge. Baie sterf dié dag. Absalom sterf ook.

Dan lees ons van die koning en sy gevolg se terugkoms na Jerusalem toe: "Simeï seun van Gera het haastig saam met Juda afgegaan om koning Dawid te ontmoet. Net toe die koning die Jordaan wou deurtrek, kniel Simeï seun van Gera voor hom en sê: “U Majesteit moet my die verkeerde daad tog nie toereken nie en moenie wat ek verkeerd gedoen het op die dag toe die koning uit Jerusalem uit gegaan het, ernstig opneem nie. Ek weet baie goed dat ek sleg opgetree het, maar let tog op dat ek vandag die heel eerste uit die huis van Josef is wat die koning kom ontmoet.”

Hierop het Abisai seun van Seruja gevra: “Moet Simeï nie doodgemaak word nie? Hy het immers die gesalfde van die Here gevloek.”

Maar Dawid het geantwoord: “Wat het dit met julle te doen, seuns van Seruja? As julle so praat, is julle my teenstanders. Moet daar dan vandag iemand in Israel doodgemaak word? Ek weet mos tog dat ek vandag koning oor Israel is.”

Verder het die koning vir Simeï gesê: “Jy sal nie doodgemaak word nie.” Die koning het dit vir hom selfs met 'n eed bevestig.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

As 'n mens net tot hier sou lees, is dit 'n mooi verhaal oor wat vergewe beteken.

In die tweede deel van die verhaal word egter ook vir ons geïllustreer wat vergewe NIE beteken nie..

 

 

 

 

 

 

D

E

E

 L

 

T

W

E

E

 

 

 

 

 

 

In 1 Konings 2 is Dawid al baie oud. Toe Dawid se einde nader, het hy sy seun Salomo sy laaste bevele gegee: “Noudat ek die pad van alle mense moet gaan, moet jy sterk wees en soos 'n man optree. Hou jou aan wat die Here jou God jou voorskryf en lewe daarvolgens."

Vervolgens roep Dawid die verkeerde optrede van mense in gedagtenis: Hy sê vir sy seun Salomo, sy opvolger: “Jy weet self wat Joab seun van Seruja my aangedoen het, wat hy gedoen het met die twee leërhoofde van Israel, met Abner seun van Ner en met Amasa seun van Jitra: hy het hulle vermoor, hy het hulle in vredestyd doodgemaak asof daar oorlog was. Hy het hulle onskuldige bloed op die gordel om sy lyf en op die skoene aan sy voete laat spat. Doen met hom soos jy dit goedvind. Moenie sy lewe spaar net omdat hy oud is nie.

“Daar is ook nog Simeï seun van Gera. Hy het my vreeslik gevloek toe ek die dag na Maganajim toe gegaan het en ons mekaar by die Jordaan teëgekom het. Ek het vir hom voor die Here met 'n eed bevestig dat ek hom nie om die lewe sal bring nie, maar jy moet hom nou nie verskoon nie. Jy is 'n wyse man en jy sal weet wat om met hom te maak  dat hy met die dood gestraf word  al is hy al oud.”

Dawid is oorlede, en hy is begrawe in die Dawidstad.

 

 

 

TOETS

 

 

 

 

 Simeï se eerbied vir die koning en sy eerbied vir die Here op Wie se bevel die koning vir sy amp laat salf is word getoets..

 

 

 

 

 

 

 

 

Koning Salomo het vir Simeï laat haal en vir hom gesê: “Jy mag vir jou 'n huis in Jerusalem bou en hier woon, maar jy mag nie uit die stad gaan nie, dit maak nie saak waarheen nie. Die dag as jy hier uitgaan en jou voete oor Kedronspruit sit, is jy dood. Dit moet jy beslis weet. Dit sal jou eie skuld wees.”

Simeï sê toe vir die koning: “Dit is goed so. Ek sal die bevel van die koning eerbiedig.”

 

Simeï het toe 'n hele tyd lank net in Jerusalem gebly, maar na drie jaar het twee van sy slawe weggeloop na koning Akis van Gat, seun van Maok, toe. Toe Simeï hoor dat sy slawe in Gat is, het hy sy donkie opgesaal en na Gat toe gegaan om sy slawe daar by Akis te soek.

 

 

 

UITSLAG

 

 

 

 

Die uitslag van die toets is bekend: Die besit van twee slawe is vir Simeï meer werd as sy eerbied vir die Here en sy gehoorsaamheid aan die koning!

 

 

 

 

 

 

 

 

Simeï het net gegaan en sy slawe uit Gat uit teruggebring, maar toe Salomo hoor dat Simeï uit Jerusalem na Gat toe was en terug is, het hy hom laat kom en vir hom gesê: “Ek het jou dan 'n eed voor die Here laat aflê en jou gewaarsku: ‘Die dag as jy hier uitgaan, dit maak nie saak waarheen nie, is jy dood; dit moet jy beslis weet.’ Jy het nog vir my gesê: ‘Dit is goed so. Ek het gehoor.’

“Waarom het jy jou dan nie aan hierdie eed voor die Here en die bevel wat ek jou gegee het, gehou nie?”

Die koning het verder vir Simeï gesê: “Jy weet in jou hart watter leed jy my pa aangedoen het. Mag die Here daardie leed op jou eie kop laat afkom, maar mag dit met my voorspoedig gaan en mag die troon van Dawid vir altyd bestendig wees voor die Here.”

Die koning het vir Benaja seun van Jojada gestuur, en dié het vir Simeï  doodgemaak. 

 

 

 

 

 

 

 

Simeï het koning Dawid gevloek en met klippe bestook! Dit was twee gemene dade. Watter strafbare gesindheid, dink jy is in die hart van 'n persoon wat só optree?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte →

 

...!



 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

Simeï het koning Dawid gevloek en met klippe bestook! Dit was inderdaad baie lelike dade. Ons reken die strafbare gesindheid in die hart van 'n persoon wat só optree is minagting en selfs veragting van die gesalfde van die Here. Indirek getuig dit dan ook van minagting en gebrek aan eerbied vir die Here Sélf!

 

 

 

 

 

 

 

Dink jy dit is primêr Simeï se verkeerde optrede in die ver verlede wat by koning Dawid bly spook het, of is dit eerder die gesindheid waarvan sulke optrede getuig wat tot op sy oudag vir Dawid pla?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte →

 

...!



 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

Salomo beraam met groot wysheid 'n plan wat Simeï se gesindheid op die proef stel. Die toets is nie om vas te stel of Simeï dit ooit weer sou waag om die koning te vloek of om hom onder klippe te steek nie: Die toets is om vas te stel of Simeï in sy hart eerbied het vir die Here en vir die man wat deur Hom tot koning gesalf is. Dit laat ons vermoed dit is eerder Simeï se GESINDHEID wat tot op sy oudag vir koning Dawid 'n klippie in die skoen was..