|
|
|
|
..web-span se gedagtes _ |
|
|
Die ware Christus sê: Telkens as jou broer aan 'n kombinasie van dié drie belangrike vereistes voldoen, moet jy hom vergewe: 1. As hy berou kry, 2. na jou toe terug kom en 3. sê hy is jammer. |
||
|
(Bogenoemde geld waar jy jou broer berispe het en hy darem deeglik bewus is daarvan dat hy verkeerd opgetree het teen jou!) |
||
|
|
↓ |
|
|
Gevolglik kan ons sê dat vier goed kan maak dat iemand NIE kwalifiseer vir dié broederlike vergifnis nie: 1. As hy nie berou kry, na jou toe terugkom en sê hy is jammer nie. 2. As hy na jou toe terug kom en sê hy is jammer, maar nie werklik berou het nie. 3. As daar beweer word hy sê hy is jammer, maar hy het nie genoeg berou om na jou toe terug te kom en die saak met jou reg te maak nie. 4. As hy na jou toe terugkom om die saak te probeer opklaar sonder om berou te hê oor sy verkeerde optrede en sonder om te sê hy is jammer. |
|
|
↓ |
|
|
As iemand nie berou kry oor sy verkeerde optrede teen jou nie, hoe kan hy dan 'n broer, dws 'n ware medegelowige wees? In Matteus 18:15-17 het ons geleer: As hy ook na die gemeente se teregwysing nie luister nie (en dus nie langer kwalifiseer vir die broederlike vergifnis nie) moet jy hom as 'n heiden en 'n tollenaar behandel. Dan behels vergifnis bloot dat jy nie haatdraend is en self wraak neem nie, maar die oordeel aan God oorlaat. In so 'n geval geld dus 'n baie enger vorm van vergifnis as die broederlike vergifnis wat behels dat ons ons broers "van harte" moet vergewe "soos wat Christus ons vergewe het". |
|
|
|
D |
A |
W |
I |
D |
|
V |
E |
R |
G |
E |
W |
E |
|
S |
I |
M |
E |
Ï |
|
Die volgende teksaanhaling is verkort.. |
|
Dawid het 'n gruwelike sonde gedoen. Hy het owerspel gepleeg met Batseba en in 'n poging om dit toe te smeer haar man se dood bewimpel. In 2 Sam 12:10-14 lees ons: Hoewel Dawid berou gekry, en die Here hom vergewe het, het die Here gesê dat die swaard nou nooit meer uit Dawid se huis sou weggaan nie: |
|
Dawid het 'n verkeerde voorbeeld gestel vir die volk van die Here en die Here se vyande aanleiding gegee om Hom te laster. Al is Dawid dus vergewe en sy verhouding met God herstel, sou God voortgaan om sy sonde as voorbeeld vir almal voor die oë van al die nasies te straf: Gevolglik tref een ramp na die ander die koningshuis van Dawid. Die aanslae kom boonop nie van buite nie, maar van binne - in die vorm van gesinsgeweld.. |
|
Eers verkrag 'n seun van Dawid sy dogter, Tamar - sodat sy nooit weer dieselfde was nie. Toe vermoor een seun 'n ander. Daarna kom 'n seun van Dawid met geweld in opstand teen sy koningskap. Teen die agtergrond van dié opstand lees ons in 2 Sam 16 van Simeï se verkeerde optrede teen die koning. Dit speel af in die tyd toe Dawid met sy hele gevolg uit Jerusalem moes padgee en voor sy eie seun, Absalom uit moes vlug vir hulle lewens. |
|
Ons lees: "Dawid het die Olyfberg huil-huil uitgeklim en as teken van sy droefheid was sy kop toegemaak en het hy kaalvoet geloop. Almal wat by hom was, het ook hulle koppe toegemaak en huil-huil die helling uitgeklim. Toe die koning by Bagurim kom, storm daar ewe skielik een van Saul se familielede op hom af. Sy naam was Simeï seun van Gera. So ver as hy gaan, het hy geloop en vloek. Hy het Dawid en al sy amptenare en die hele volk, ja, selfs al die dapper krygsmanne, links en regs onder die klippe gesteek. Terwyl hy loop en vloek, het Simeï uitgeroep: “Trap, trap hier uit, jou moordenaar en jou skurk! Nou straf die Here jou vir al die moorde op Saul se geslag toe jy in sy plek koning geword het. Nou het die Here die koningskap aan jou seun Absalom gegee. Nou sit jy self in die ellende omdat jy 'n moordenaar is.” |
|
Toe vra Seruja se seun Abisai vir die koning: “Waarom vloek hierdie lae hond die koning? Laat ek sy kop vir hom gaan afkap.” |
|
“Seun van Seruja, dit het niks met my of met jou te doen nie,” was die koning se antwoord. “Hy vloek so omdat die Here hom beveel het om vir Dawid te vloek! Niemand moet nou vra waarom hy dit doen nie.” Verder het die koning vir al sy amptenare en vir Abisai gesê: “My eie bloedkind soek my lewe. Daarom moet julle hierdie Benjaminiet met rus laat dat hy maar vloek, want die Here het hom die opdrag gegee. Miskien let die Here op my ellende en beloon Hy my met iets goeds vir vandag se vervloeking.” Dawid en sy mense het toe pad langs verder getrek. Simeï het ál teen die berghang langs geloop en vloek en klippe gooi en stof opskop. Moeg het die koning en sy geselskap by die Jordaan aangekom en daar 'n bietjie gerus. |
|
|
|
..Hierna lees ons van die geveg van Dawid se mense teen Absalom en sy mede-opstandelinge. Baie sterf dié dag. Absalom sterf ook. |
|
Dan lees ons van die koning en sy gevolg se terugkoms na Jerusalem toe: "Simeï seun van Gera het haastig saam met Juda afgegaan om koning Dawid te ontmoet. Net toe die koning die Jordaan wou deurtrek, kniel Simeï seun van Gera voor hom en sê: “U Majesteit moet my die verkeerde daad tog nie toereken nie en moenie wat ek verkeerd gedoen het op die dag toe die koning uit Jerusalem uit gegaan het, ernstig opneem nie. Ek weet baie goed dat ek sleg opgetree het, maar let tog op dat ek vandag die heel eerste uit die huis van Josef is wat die koning kom ontmoet.” |
|
Hierop het Abisai seun van Seruja gevra: “Moet Simeï nie doodgemaak word nie? Hy het immers die gesalfde van die Here gevloek.” |
|
Maar Dawid het geantwoord: “Wat het dit met julle te doen, seuns van Seruja? As julle so praat, is julle my teenstanders. Moet daar dan vandag iemand in Israel doodgemaak word? Ek weet mos tog dat ek vandag koning oor Israel is.” |
|
Verder het die koning vir Simeï gesê: “Jy sal nie doodgemaak word nie.” Die koning het dit vir hom selfs met 'n eed bevestig. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
As 'n mens net tot hier sou lees, is dit 'n mooi verhaal oor wat vergewe beteken. |
In die tweede deel van die verhaal word egter ook vir ons geïllustreer wat vergewe NIE beteken nie.. |
|
|
|
|
|
|
|
|
D |
E |
E |
L |
|
T |
W |
E |
E |
|
|
|
|
|
|
|
|
In 1 Konings 2 is Dawid al baie oud. Toe Dawid se einde nader, het hy sy seun Salomo sy laaste bevele gegee: “Noudat ek die pad van alle mense moet gaan, moet jy sterk wees en soos 'n man optree. Hou jou aan wat die Here jou God jou voorskryf en lewe daarvolgens." |
|
Vervolgens roep Dawid die verkeerde optrede van mense in gedagtenis: Hy sê vir sy seun Salomo, sy opvolger: “Jy weet self wat Joab seun van Seruja my aangedoen het, wat hy gedoen het met die twee leërhoofde van Israel, met Abner seun van Ner en met Amasa seun van Jitra: hy het hulle vermoor, hy het hulle in vredestyd doodgemaak asof daar oorlog was. Hy het hulle onskuldige bloed op die gordel om sy lyf en op die skoene aan sy voete laat spat. Doen met hom soos jy dit goedvind. Moenie sy lewe spaar net omdat hy oud is nie. |
|
“Daar is ook nog Simeï seun van Gera. Hy het my vreeslik gevloek toe ek die dag na Maganajim toe gegaan het en ons mekaar by die Jordaan teëgekom het. Ek het vir hom voor die Here met 'n eed bevestig dat ek hom nie om die lewe sal bring nie, maar jy moet hom nou nie verskoon nie. Jy is 'n wyse man en jy sal weet wat om met hom te maak dat hy met die dood gestraf word al is hy al oud.” |
|
Dawid is oorlede, en hy is begrawe in die Dawidstad. |
|
|
|
|
|
TOETS |
|
|
|
|
|
Simeï se eerbied vir die koning en sy eerbied vir die Here op Wie se bevel die koning vir sy amp laat salf is word getoets.. |
|
|||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Koning Salomo het vir Simeï laat haal en vir hom gesê: “Jy mag vir jou 'n huis in Jerusalem bou en hier woon, maar jy mag nie uit die stad gaan nie, dit maak nie saak waarheen nie. Die dag as jy hier uitgaan en jou voete oor Kedronspruit sit, is jy dood. Dit moet jy beslis weet. Dit sal jou eie skuld wees.” |
|
Simeï sê toe vir die koning: “Dit is goed so. Ek sal die bevel van die koning eerbiedig.” |
|
|
|
Simeï het toe 'n hele tyd lank net in Jerusalem gebly, maar na drie jaar het twee van sy slawe weggeloop na koning Akis van Gat, seun van Maok, toe. Toe Simeï hoor dat sy slawe in Gat is, het hy sy donkie opgesaal en na Gat toe gegaan om sy slawe daar by Akis te soek. |
|
|
|
|
|
UITSLAG |
|
|
|
|
|
Die uitslag van die toets is bekend: Die besit van twee slawe is vir Simeï meer werd as sy eerbied vir die Here en sy gehoorsaamheid aan die koning! |
|
|||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Simeï het net gegaan en sy slawe uit Gat uit teruggebring, maar toe Salomo hoor dat Simeï uit Jerusalem na Gat toe was en terug is, het hy hom laat kom en vir hom gesê: “Ek het jou dan 'n eed voor die Here laat aflê en jou gewaarsku: ‘Die dag as jy hier uitgaan, dit maak nie saak waarheen nie, is jy dood; dit moet jy beslis weet.’ Jy het nog vir my gesê: ‘Dit is goed so. Ek het gehoor.’ |
|
“Waarom het jy jou dan nie aan hierdie eed voor die Here en die bevel wat ek jou gegee het, gehou nie?” |
|
Die koning het verder vir Simeï gesê: “Jy weet in jou hart watter leed jy my pa aangedoen het. Mag die Here daardie leed op jou eie kop laat afkom, maar mag dit met my voorspoedig gaan en mag die troon van Dawid vir altyd bestendig wees voor die Here.” |
|
Die koning het vir Benaja seun van Jojada gestuur, en dié het vir Simeï doodgemaak. |
|
|