|
|
Deel
saam met ons in die gebed:
|
|
|
|
Here,
dankie dat Jy saam met die opdrag dat ons moet vergewe ook vir
ons die wíl gegee het om te vergewe en die gáwe om
te kán vergewe!
|
|
|
|
Dankie
dat Jy deur die gawe om te kan vergewe ons lewens vry maak van
bitterheid en kwaadwilligheid! Dankie dat ons nie ons lewens hoef
te skaad deur dit te wy aan 'n obsessie om wraak te neem, om reg
in eie hande te neem en mense terug te kry vir wat hulle ons
aandoen nie..
|
|
|
|
Aan
die ander kant mag ons ook nie vergifnis as verskoning gebruik om
traag te wees om deur die regte kanale reg en geregtigheid te
laat geskied en die boosheid tussen ons uit te roei nie!
|
|
|
|
Gee
ons tog moed en 'n heilige toorn wat deur die liefde aangevuur
word - om rekenskap te eis van die kwaad-williges in ons
samelewing; om hulle deur die owerheid te laat vervolg en te laat
boet en so 'n voorbeeld van hulle te maak - sodat almal kan leer
om Jou Wet te respekteer..
|
|
|
|
Dit
bid ons nie in ons eie name nie, want in ons eie name staan ons
elkeen skuldig en verdien ons die ewige dood. Ons bid dit in die
Naam waarin ons vergewe is: In Jou Naam, Here Jesus! Amen.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In Matt 6:9-12 leer die Here Jesus ons:
“So moet julle bid: Ons Vader wat in die
hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u
wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons
vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings SOOS
ons ook dié vergewe wat teen ons oortree”
|
|
|
|
Vra
jouself af..
|
|
|
|
Wat beteken: "..vergeef ons ons
oortredings SOOS
ons ook dié vergewe wat teen ons oortree"?
|
|
|
|
Beteken dit dat God óns voorbeeld sal volg wanneer Hy ons
vergewe..?
|
|
|
|
Beteken dit as ek maar net oë toedruk en niemand ooit enige
sonde toereken nie, dan sal God ook maar net oë toedruk en
my ook nooit enige sonde toereken nie?
|
|
|
|
Beteken dit as ek diewe maar laat begaan en hulle vergewe sonder
om hulle te straf of in die hof teen hulle te getuig, sal God my
ook maar laat begaan as ek ander se goed steel - sonder om my
daarvoor te straf?
|
|
|
|
|
|
|
|
..web-span
se gedagtes _
|
|
|
|
Ons
dink "..Vergeef ons ons oortredings SOOS
ons ook dié vergewe wat teen ons oortree" beteken
beslis nie dat as ek maar net oë toedruk en niemand ooit
enige sonde toereken nie, sal God ook maar net oë toedruk en
my ook nooit enige sonde toereken nie!
|
|
|
Die hele Skrif is vol bewyse dat dit verkeerd sou wees om dié
teks só te interpreteer.
|
|
'n Mens hoef maar net te dink aan die "sagte" priester
Eli wat sy seuns maar laat begaan het in hulle sonde toe hulle
die volk van die Here uitgebuit het in die priesterdiens. (1Sam
3:11-14)
|
|
Die Here het by monde van die seuntjie Samuel die hoogste straf,
naamlik die doodstraf - nie net oor Eli se seuns nie, maar oor
Eli self ook aangekondig! En dit het nie net by dreig gebly
nie: Die Here het Eli en sy twee seuns, Hofni en Pinehas almal op
dieselfde dag laat sterf - en daarmee bewys dat Eli se
toeskietlikheid oor sy seuns se sonde die Here glad nie ewe
toeskietlik gestem het nie!
|
|
Inteendeel, dit was júis Eli se toeskietlikheid wat die
doodstraf oor hom gebring het! As hy geoordeel het dat sy seuns
skreiend verkeerd optree, en nie net mooi gepraat en saggies
geraas het nie, maar sy seuns ferm gestraf het - het God hóm
nie met die dood gestraf nie! En dit nogal toe hy al 'n ou
man was..
|
|
|
|
|
|
|
In Matt 6:9-12 leer die Here Jesus ons:
“So moet julle bid: Ons Vader wat in die
hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u
wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons
vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings SOOS
ons ook dié vergewe wat teen ons oortree”
|
|
|
|
Vra
jouself af..
|
|
|
|
Kan jy regtig dié gebed saam met ons Here Jesus bid? Sien
jy kans om deur God vergewe te word SOOS
jy dié wat die ergste teen jou oortree vergewe?
|
|
|
|
Wil jy regtig hê God moet jou vergewe SOOS
jy die mense vergewe het teen wie jy in die hof gaan getuig? Of
wil jy deur God vergewe word SOOS
jy die man sal vergewe wat jy in die tronk sal laat gooi as hy 'n
gesinslid geweldadig verkrag? Sal jy nie boonop sy paroolaansoek
teëstaan nie?
|
|
|
|
Is die maat waarmee jy meet vir dié wat teenoor jou
oortree regtig van so 'n aard dat jy bid om self daarvolgens
gemeet te word?
|
|
|
|
Bid jy nie dalk 'n ondraaglike oordeel oor jouself wanneer jy die
woordjie SOOS
in dié gebed oor jou lippe neem nie..?
|
|
|
|
|
|
|
|
..web-span
se gedagtes _
|
|
|
|
Paulus
bid dat God Aleksander sal vergeld. Vergelding vir sý
oortredings is egter nie iets wat Paulus vir homsélf wil
hê nie! - Hy het immers die Christene vervolg en laat
doodmaak voor hy tot bekering gekom het!!
|
|
|
Enersyds kan mens redeneer dat Paulus self geen fisiese
vergelding teen Aleksander geloots het nie, en dat hy daarom nie
hoef te vrees om dieselfde fisieke behandeling te ontvang as wat
Aleksander van hom ontvang het nie.
|
|
Andersyds sou mens kon sê: As Paulus vir Aleksander met die
vuis bygedam het, dan het hy hom so hard geslaan as wat 'n
sterflike man kan slaan - en dan kon hy dalk dieselfde soort
"vergifnis" verwag; maar nou het Paulus gebid dat die
Almagtige God wat met onbeperkte krag die heelal gevorm het vir
Aleksander moet vergeld! As God dié gebed verhoor - dan
"slaan" Hy vir Aleksander BAIE harder as wat Paulus
ooit sou kon slaan as hy reg in eie hande geneem het! Paulus wil
homself tog seker nie dié soort Goddelike pakslae toebid
nie?
|
|
Paulus se gesindheid teenoor Aleksander is nie neutraal of 'n
gesindheid van toegeneëndheid nie, maar 'n sug na
vergelding! Selfs as God Paulus nooit fisiek straf nie, omdat hy
nie reg in eie hande geneem het teenoor Aleksander nie, maar in
die hiernamaals dieselfde gesindheid teenoor Paulus sou openbaar
as wat Paulus teenoor Aleksander gevoel het, dan sou die
hiernamaals vir Paulus in alle ewigheid maar 'n baie ondraaglike,
kille plek moes wees..!!
|
|
Op die oog af rym Paulus se vergeldingsgebed en die eng vergifnis
wat hy teenoor Aleksander openbaar nie met die Ons Vader gebed
nie. Maar Paulus is nie alleen nie: Ons het immers gesien hoe die
volmaakte gelowiges in die hemel na God uitroep om hulle dood te
wreek op "die bewoners van die aarde!" Dit is tog mos
ook nie hoe hulle vir hulleself vergifnis van God wil ontvang
nie!
|
|
In Deel Drie van die studie was daar boonop ook nog die
onderskeid wat Jesus vir ons aangedui het om te tref tussen
oortreders wat berou het en oortreders wat nie berou het nie - en
gevolglik as heidene en tollenaars behandel MOET word!
|
|
Ons wil tog nie hê God moet ons ook as heidene en
tollenaars behandel as Hy ons ook in so 'n eng sin gaan vergewe
SOOS ons dié beroulose mense "vergewe"
het wat teen ons oortree het nie!
|
|
|
Waarskynlik moet mens die dreigende woordjie "SOOS" in
die 5de bede van die Ons Vader gebed op 'n heel ander manier
verstaan..?
|
|
|
|
|
|
|
|
..web-span
se gedagtes _
|
|
|
|
Die
Here Jesus se woorde in Matt 7:2 "Met dieselfde
oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel
word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander
meet, sal vir julle gemeet word" maak dat 'n mens BAIE
versigtig moet wees ten opsigte van hoe jy ander vergewe!!
|
|
|
As 'n mens baie versigtig is en altyd bereid is om eerder die
voordeel van die twyfel te gee waar daar enige twyfel mag
bestaan, dan is dit egter nie nodig om bekommerd te wees nie.
|
|
As 'n mens besluit oor jou optrede - of oor jou kragtige gebed
teen iemand wat jou te na gekom het - dan moet jy bereid wees om
dieselfde aangedoen of toegebid te word as jy die dag in die
oortreder se skoene sou staan..
|
|
Nietemin hoef ons mos darem nie bekommerd te wees dat ons wat
eenmaal deur die genade van God gered is ooit in 'n beroulose
reeksmoordenaar of 'n geweldsverkragter se skoene sal staan nie!
|
|
|
En as die onmoontlike moontlik was, sodat ons as ware weergebore
gelowiges ooit sou kon ontaard tot iets soos 'n gewetenlose en
gevoellose monargis wat op ander trap en sy medemens uitbuit vir
eie gewin, dan is ons gebed met die grootste vrymoedigheid: "Mag
God ons liewer om die lewe bring!" want vanweë ons
liefde vir ons Here en ons medemens wil ons self ook nie
toegelaat word om 'n lewe van algehele ontaarding en verwoesting
op die aarde te lei nie..
|
|
|
|
|
|
|
|
..web-span
se gedagtes _
|
|
|
|
Ons
verwag inderdaad van die apostel, Paulus om elkeen wat hom op die
lewenspad te na kom aan dieselfde geestelike maatstaf te meet.
|
|
|
Verder
verwag ons van hom dat hy bereid sal wees om homself aan 'n
enerse maatstaf te laat meet wanneer hy 'n ander mens op die
lewenspad te na kom.
|
|
..Daarom verbaas dit ons nie dat Paulus sy medegelowiges so
maklik toebid dat God hulle nie hulle verkeerde optrede sal
toereken nie.
|
|
Dit is egter ondenkbaar dat die geredde Paulus 'n ander mens vir
wie Jesus gesterf het opsetlik op die lewenspad sou te na kom en
dan boonop agterna geen berou sou toon nie, soos die geval met
die hardvogtige Aleksander was wat Paulus-hulle se prediking
heftig teëgegaan het.
|
|
..Daarom verbaas dit ons eweneens ook nie dat Paulus in dié
beroulose antichris se geval die vrymoedigheid gehad het om
Goddelike vergelding oor hom toe te bid nie.
|
|
Paulus weet immers goed hoe God - toe hy wat Saulus was destyds
die gelowiges vervolg het, sy ou hart uitgeruk en sy oë
blind gemaak het vir die pad wat hy toe geloop het.
|
|
Hoe wonderlik is dit nie as die Groot Pottebakker 'n klei-mens se
karakter kragdadiglik inmekaardruk en iets splinternuut daaruit
vorm nie! Paulus begeer vir Aleksander ook dat God hom in sy
spore sal stop en 'n einde sal maak aan die vervalle karakter
waartoe hy ontaard het:
|
|
In 1Tim 1:19-20 skryf Paulus die volgende oor Aleksander: "Omdat
sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk
gely. Onder hulle is daar Himeneus en Aleksander, wat ek aan
die Satan oorgegee het, sodat hulle daardeur kan leer om God
nie te laster nie.
|
|
|
Wat die lig-kant en die diepere motief van hierdie vreesaanjaende
uitdrukking is, word vir ons duidelik in 1Kor 5:4-5 waar Paulus
|