laat weet      info      epos      donasies      MENU: alle studies      antwoordblad

Bybelstudieaanlyn

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons kyk na wat dit regtig beteken om vissers van mense te wees..

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

week 4

Laasweek het ons gesien dat 1 Pet 3:15 vir ons sê "Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis (vra) oor die hoop wat in julle lewe." Ons spring dié week weg deur 'n bietjie nader te gesels oor presies wat dié hoop behels - wat in ons lewe! ..Maar kom ons bid eers saam:

 

 

ô

 

J

J

 

ô

ô

 

 

Ons Liewe Here Jesus, help ons ook asseblief vandag om altyd só op te tree dat elkeen wat met ons te doen kry ook onder die indruk sal kom van die hoop wat in ons leef. Here, saam met al Jou ander kinders weef Jy ons saam tot een groot treknet wat getuig deur ons hoop op 'n wêreld wat ver verhewe is bo die een waarin ons nou leef. Help ons as Jou vissers van mense in hierdie wêreld om altyd gereed te wees om 'n sinvolle antwoord te gee aan elkeen wat van ons rekenskap mag vra oor hierdie hoop wat in ons leef. Dit vra ons in die Naam van die Een deur Wie se genade ons mag hoop, selfs wanneer alle pogings om sinvol te leef in dié wêreld vir ander hopeloos mag lyk. Ons vra dit in Jou Naam Here Jesus. Amen.

 

 

 

 

 

 

 

 

J

 

ô

ô

 

ô

J

 

 

 

 

 

 

 

 

Bespreek: Wat verstaan jy onder "die hoop wat in ons lewe" waarvan 1 Pet 3:15 praat, en hoe word dié hoop in ons lewens so sigbaar dat mense 'n verduideliking daarvoor sou vra?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

. ( my eie gedagte  

Blog !!

 

 

 

...!



 

 

 

..bybelstudieaanlynspan se gedagtes _

 

Soms sê ons dinge soos: "Ek hoop nie ek hoef ooit eendag 'n oorlog te beleef nie!" Dit is sommer maar 'n algemene wens wat ons daarmee uitspreek en hoewel dit nie VERKEERD is vir ons om so iets te hoop nie, moet dié ONSEKERE soort hoop wat bestaan in die vorm van menslike versugtinge wat ons uitspreek duidelik onderskei word van die SEKER hoop wat ons in geloof bou op die beloftes van God. God het byvoorbeeld nie in die Bybel belowe dat ons nie oorlog sal beleef nie; inteendeel, ons weet dat die volk Israel in die geskiedenis sommer baie oorloë beleef het..

As dissipels van Christus koester ons nie sommer 'n "selfuitgedinkte" hoop nie: Ons hoop is meer as "positive thinking." Ons hoop is gebaseer op wat ons lees in die Woord van God. Dié hoop bestaan daarin dat ons die versekeringe wat God vir ons in die Bybel gee in geloof aanneem as onwrikbare waarhede waarop 'n mens kan reken. Hebreërs 11:1 sê oor geloof: "Om te glo, is om SEKER te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie."

In 1 Tess 4:13-18 skryf Paulus oor die verskil wat hoop byvoorbeeld maak in die lewe van gelowiges wanneer hulle langs 'n oop graf moet staan. Hy skryf: "Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie.

 Treur.. sonder hoop op lewe na die dood 

Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie. (Die "Multivertaling Bybel" sê dié teks kan alternatie-welik ook vertaal word: "Dan sal julle nie só treur, soos die ander mense wat geen hoop het nie.")

 Treur.. met hoop op lewe na die dood

Vervolgens skryf Paulus: "Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem. Dit sê ons vir julle op grond van wat die Here gesê het: Ons wat bly lewe tot met die wederkoms van die Here, sal die ontslapenes hoegenaamd nie voor wees nie. Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees.Troos mekaar dan met hierdie woorde."

Vandag nog onderskei die hoop wat ons koester in verband met 'n lewe by ons Here in die hemel na ons dood hier op aarde ons van mense wat nie 'n seker hoop het op lewe na die dood nie. Hierdie hoopvolle treurproses wat ons deurmaak wanneer ons die onmiddelike toegang tot ons geliefdes mis, kan ongelowiges daartoe bring om hulleself af te vra wat die hoop is wat ons koester en op grond waarvan die hoop in ons harte bestaan.

Soms sal 'n ongelowige selfs so ver gaan om ons uit te vra oor die hoop wat in ons leef, maar 'n mens moet wakker wees om die vraag te sien kom, want baie maal kom dit subtiel en soms word dit selfs toegedraai in die vorm van 'n beskuldiging: 'n Ongelowige sal jou dalk sommer daarvan beskuldig dat jy jou met wensdenkery ophou as jy glo in God, in die Bybel en in lewe na die dood: Dit is sy manier om 'n klip in die bos te gooi en te kyk wat spring uit! As jy tussen die lyne lees en jou nie sommer vervies vir sy opmerking nie, dan is dit vir jou die geleentheid om rekenskap te gee oor die geloof wat in jou leef. Dan kan jy die geleentheid gebruik om nederig te vertel oor jou persoonlike verhouding met die Here wat deur Sy Gees in jou hart getuig.

 

 

In Romeine 8:28 staan daar iets wat 'n gelowige sommer baie hoop gee in elke denkbare situasie; daar staan: "Ons weet dat God ALLES ten GOEDE laat meewerk vir dié wat Hom liefhet." As ons God se belofte in Rom 8:28 in geloof aanneem dan vonkel daar 'n hoop in ons oë wat ons onderskei van mense wat nie dié soort SEKER hoop het nie.

Prakties beteken dit: As dinge begin skeef loop in die lewe, dan sal dié mense wat 'n seker hoop koester dat God alles ten goede laat meewerk nie begin moed verloor en vloek en skel nie, maar hulle oë oophou om te sien wat God in hulle lewe met die teëspoed wil bewerkstellig.

 

 

Nou dat ons soveel mooi dinge gesê het oor die hoop wat in ons lewe, moet ons egter daarop let dat die Christelike hoop ook 'n somber kant kan hê, juis omdat ons hoop nie NET op hiérdie lewe gerig is nie. In Eksodus 32 lees ons hoe die Leviete die swaard gegryp en hulle familie, vriende, bure, seuns en broers wat die goue kalf aanbid het om die lewe gebring het. Dit het hulle gedoen omdat hulle op die lewende God gehoop het en nie op 'n goue beeld nie. In Eks 32:29 lees ons gevolglik: "Toe het Moses vir die Leviete gesê: “Vandag is julle gewy vir diens aan die Here, want julle het selfs teen seuns en broers opgetree. Om hierdie rede gee die Here vandag aan julle hierdie besondere voorreg.”

Ironies genoeg kan ons gevolglik selfs so ver gaan as om te sê dat selfs die politiese posisie om die doodstraf voor te staan in 'n land waar ontaarding handuitruk kan getuig van die hoop wat in ons leef: Die hoop op God wat Regter is oor al wat leef en wat beveel dat die owerheid moord met die dood moet straf. (Deut 19:21) Die hoop op 'n lewende God wat eis dat ons gehoorsaam sal wees aan Sy bevel, ook wanneer dit nie onder die mense gewild is nie.

 

 

As 1 Pet 3:15 NIE vir ons sê om vir almal te vertel van die hoop wat in ons lewe nie, maar eerder vir ons sê "Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe," dan beteken dit in besigheidsterme dat ons nie die Evangelie van deur tot deur moet "smous" nie, maar dat ons self demonstrasiemodelle moet wees van dit wat ons glo en dat die hoop wat ons koester ons lewe só moet karaktiriseer dat dit navraag sal uitlok van die mense wat ons pad kruis.

 

 

 

 

 

 

 

 

..profeteer?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bespreek: Wat dink jy word in die Bybel bedoel met die term "profeteer"?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

. ( my eie gedagte  

Blog !!

 

 

 

...!



 

 

 

..bybelstudieaanlynspan se gedagtes _

 

In 1 Korintiërs, hoofstuk 14 is daar sprake van 'n hele gemeente wat almal "profeteer." Maar voor dat ons daarna gaan kyk moet ons onsself eers die vraag afvra: Wat beteken dit om te "profeteer"? Beteken dit om die toekoms te voorspel? Nie regtig nie. In die Ou Testament kom ons vir die eerste keer "profete" teë. Vir hulle beteken "profeteer" om "in opdrag van God te spreek." God se boodskap aan Sy volk by monde van profete het heelparty keer 'n belofte van hoop vir die toekoms bevat - of 'n dreigement van straf wat in die toekoms gaan volg ingehou - gevolglik het die woord "profeteer" algaande by 'n mens die verwagting begin skep dat jy iets oor die toekoms te wete gaan kom. So het die woord in die volksmond die sekondêre betekenis van "voorspelling" gekry. Eintlik behoort 'n mens se verwagting oor profesie net te wees dat jy God se Boodskap te wete gaan kom, ofskoon dit gewoonlik, soos die res van die Bybelboodskap wel beloftes van hoop en dreigemente van straf vir die toekoms inhou..

 

Die HAT (Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) verklaar die woord "profeteer" soos volg:

1 (Ou Test) In opdrag van God spreek.

2 (Nuwe Test) Die Evangelie verkondig.

3 Voorspel.

 

In Hebreeus en ook in Grieks beteken "profeteer" om "onder inspirasie (van God) te praat." Die term wat in Grieks gebruik word het egter 'n dubbele betekenis sodat dit alternatiewelik ook kan beteken om "vooruit te praat" wat dui op die verweefdheid met die mens se verwagting dat God se Boodskap ook vir jou iets oor die toekoms sal inhou.

 

Tussen hakies, as jy self alle moontlike betekenisse van Griekse en Hebreeuse woorde in die Bybel wil nagaan, laai die "King James Version of the Holy Bible with embedded Strong's Numbers" gratis by www.e sword.net

 

Die Bybellennium se Lys Van Vaktaal-Terminologie gee die betekenis van "profesie" aan as: "Die verkondiging van die wil van die Here."

 

 

 

 

 

 

 

 

1 Kor 14

 

 

 

 

 

 

 

 

 'n Ongelowige word in sy gewete aangespreek en kom tot selfondersoek

 

Die Bybellennium sê: "Paulus beskryf hier hoe 'n tipiese bekering in die Korintiese gemeente sou kon verloop."

 

 

 

 

In "Die Multivertaling Bybel" (waar die Nuwe Afrikaanse Vertaling met alternatiewe vertalingsmoontlikhede tussen hakies verskyn) lees ons in 1 Kor 14:23-25: "As die hele gemeente dan bymekaar is en almal gebruik ongewone tale of klanke en daar kom buitestaanders of ongelowiges binne, sal hulle nie sê julle is van julle verstand af nie?

 

 

Daarteenoor, as almal profeteer (God se boodskap verkondig), en daar kom 'n ongelowige of 'n buitestaander binne, dan word hy deur almal in sy gewete aangespreek en kom hy tot selfondersoek. Die verborge dinge van sy hart kom aan die lig.

 

En so kom hy daartoe om op sy knieë te val, God te aanbid en openlik te getuig: “Waarlik, God is hier by julle!”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hoe kom 'n ongelowige daartoe om op sy knieë te val en God te aanbid - volgens 1 Kor 14:24-25 se "Resep Vir Bekering"?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

. ( my eie gedagte  

Blog !!

 

 

 

...!



 

 

 

..bybelstudieaanlynspan se gedagtes _

 

In 1 Kor 14:24-25 skryf Paulus dat as 'n ongelowige binnekom waar die hele gemeente bymekaar is, en almal verkondig God se boodskap, dan word hy deur almal in sy gewete aangespreek en kom hy tot selfondersoek. Die verborge dinge van sy hart kom aan die lig. En so kom hy daartoe om op sy knieë te val, God te aanbid en openlik te getuig: “Waarlik, God is hier by julle!”

 

 

 

 

Hoe lui die "Resep vir bekering"? 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1 Kor 14

 

 

 

 

 

 

 

 

Wat daar NIE staan nie  7

3  Wat daar WEL staan

 "As die hele gemeente dan bymekaar is en..  die Leraar  God se boodskap verkondig, en daar kom 'n ongelowige of 'n buitestaander binne, dan word hy deur  die Leraar  in sy gewete aangespreek en kom hy tot selfondersoek. Die verborge dinge van sy hart kom aan die lig. En  so  kom hy daartoe om op sy knieë te val, God te aanbid en openlik te getuig: “Waarlik, God is hier by julle!”

 "As die hele gemeente dan bymekaar is en..  almal  God se boodskap verkondig, en daar kom 'n ongelowige of 'n buitestaander binne, dan word hy deur  almal  in sy gewete aangespreek en kom hy tot selfondersoek. Die verborge dinge van sy hart kom aan die lig. En  so  kom hy daartoe om op sy knieë te val, God te aanbid en openlik te getuig: “Waarlik, God is hier by julle!”

 

 

 

 

 

 

 

Bespreek: Dink jy dit het 'n ander impak op 'n buitestaander as hy ALMAL oor God se boodskap hoor praat, eerder as net 'n Leraar? Motiveer jou siening..

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

. ( my eie gedagte  

Blog !!

 

 

 

...!



 

 

 

..bybelstudieaanlynspan se gedagtes _

 

Ons dink dit het wel 'n ander impak op 'n buitestaander as hy ALMAL in die byeenkoms van 'n gemeente oor God se boodskap hoor praat, eerder as net 'n Leraar.

As jy in 'n gemeentebyeenkoms instap en jy hoor 'n Leeraar praat, dan verwag jy niks minder van hom as dat hy die dinge moet weet wat hy sê nie; ook verwag jy nie van jouself om sommer so uit die vuis uit dieselfde te kan doen nie: Hy het mos jare lank studeer en spandeer deur die week wanneer jy met jóú werk besig is al sy tyd daaraan om meer van die Here en van die Bybel te kan weet. As jy egter in 'n gemeentebyeenkoms instap en jy hoor huisvroue, sakemanne, verpleegsters, werktuigkundiges en boere oor die Here praat asof hulle Hom self ken, en jy hoor met hoeveel kennis en insig hulle met die Bybel omgaan, dan kan jy nie anders as om jouself aan hulle te meet en jou geestelike toestand te lig te bevind nie: Hier is mense net soos jy - en in hulle geestelike lewe is hulle jou ver voor! - Dit laat 'n mens gou besef daar is fout met jou: Dat jy moet wakker skrik uit jou Godsdienstige onkunde en jou gebrekkige verhouding met God en dat jy moet inhaal voor die groot dag aanbreek wanneer die Here terugkom, want jy is glad nie so "oraait" as wat jy gedink het nie!!

Vanweë hulle beroep laat Leraars en "sendelinge" mense nie regtig baie ongemaklik voel met hulle kennis van geestelike dinge nie: Dit is eerder mense vir wie die wêreld nie in 'n kategorie kan plaas met 'n titel om die nek nie, wat wêreldse mense grief, omdat hulle vrymoedigheid om oor die Here te praat nié uit die aard van hulle beroep spruit nie en hulle opregte lewe wanneer dit nie deur almal van hulle "verwag" word nie, is 'n ondraaglike klag teen die gewete van mense wie se sake met God nie reg is nie.

Kortom: In 'n gemeente waar 'n buitestaander 'n Leraar eensydig hoor praat, voel hy hom één met die gemeente: Die stomme skare sondaars wat net sing wat voor hulle staan, voor hulle teedrink en klets oor sport en die weer. Daarteenoor is dit die stemme van "gewone" mense wat oor die Here praat wat 'n buitestaander tot in sy gewete kan aanspreek, want hy kan hom nie een voel met die "skare verlostes" nie, omdat hulle mense nes hyself is wat "iets" het wat hy nie het nie!

 

 

 

 

 

 

 

 

Bevestiging?

 

 

 

 

 

 

 

 

In 1 Kor 14:23-25 lees ons omstandighede is gunstig vir 'n buitestaander om tot bekering te kom as 'n hele gemeente bymekaar is en almal profeteer; die HAT sê vir ons dit beteken dat hulle almal die Evangelie verkondig.

L

Vraag is nou: Is dit 'n uitsonderlike Erediens wat ons hier aantref? Of is daar op meer plekke in die Nuwe Testament daarvan sprake dat gemeentelede almal daaraan deelneem om mekaar te leer en onderrig en te profeteer; dit wil sê om die Evangelie en die wil van die Here teenoor mekaar te bely en te verkondig?

 

 

 

 

 

 

 

 

Antwoord

 

 

 

 

 

 

 

 

Ondersoek 'n mens die Nuwe Testament noukeurig sien jy dat die gemeentebyeenkoms wat in 1 Kor 14:23-25 beskryf word eerder die reël as die uitsondering is..

3

In 1 Kor 11 praat Paulus byvoorbeeld eintlik oor 'n gans ander saak. Die bespreking oor of dit (in die destydse samelewing) betaamlik sou wees vir 'n vrou om sonder iets op haar kop in die erediens tot God te bid geskied teen die agtergrond van 'n erediens waar man en vrou aktief deelneem deur te profeteer en tot God te bid. Wat hier in die agtergrond aan die gebeur is by 'n tipiese erediens stem ooreen met wat in hoofstuk 14 van dieselfde brief vir ons op die voorgrond gestel word.

In 1 Kor 11:4-5 & 13-16 staan daar: "Elke man wat bid of profeteer met iets op sy kop, doen sy hoof, Christus, oneer aan. Maar elke vrou wat bid of profeteer sonder iets op haar kop, doen haar hoof, haar man, oneer aan, want dan is sy net soos 'n vrou wie se hare afgeskeer is. Oordeel julle nou maar self: is dit betaamlik vir 'n vrou om sonder iets op haar kop in die erediens tot God te bid? Die algemene opvatting is tog dat dit vir 'n man nie eerbaar is om lang hare te dra nie, maar dat dit vir 'n vrou wel eerbaar is. Lang hare is immers vir haar gegee as 'n bedekking. Ons het in die erediens nie 'n ander gewoonte nie, en die ander gemeentes van God ook nie. Dit sê ek vir iemand wat hieroor wil stry."

 

 

+

In Paulus se brief aan die Kolossense lees ons in hoofstuk 3:12&16:

-

"Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing."

Hier sien ons 'n gemeente wat MEKAAR met alle wysheid onderrig!

Paulus sê die boodskap van Christus moet in gelowiges bly! As die boodskap van Christus in ons bly kán ons nie anders as om met mekaar daaroor te praat as ons byeenkom om psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God te sing nie.

!

Die teks sê NIE sit mooi stil en laat 'n geestelike leier julle leer nie, maar leer en onderrig MEKAAR met alle wysheid..

 

 

In verband met leiers het die Here Jesus in elk geval vroeër reeds gesê: "Julle moet julle nie 'rabbi' laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is ALMAL broers." En "Julle moet julle nie 'leiers' laat noem nie, want Een is julle Leier: die Christus." (Matt 23:8&10)

In aansluiting hierby sê 1 Joh 2:27 "Wat júlle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle, en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie. Sy Gees leer julle alles, en wat Hy julle leer, is die waarheid en geen leuen nie."

B