|
|
|||||
|
|
|||||
|
|
|||||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
||||||||||||||||||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
2 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Laasweek het ons gesien die Here Jesus roep ons om vissers van mense te wees. Hy sê die koninkryk van die hemel werk soos visvang met 'n groot treknet. Ons het gereken die treknet wat so stil in die see hang beeld 'n netwerk van gelowiges en ander heilsame invloede uit wat redelik staties meewerk in God se verlossingsplan, eerder as dat gelowiges van deur tot deur sou gaan om “siele vir die koninkryk te wen.” Dié week kyk ons of die sendingreise van Paulus hierdie interpretasie van ons bevestig, of dalk daarmee bots! |
|
|||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Gebed |
|
|
|
|
|
Here, ons weet dat Jy Self vir Paulus op ver reise gestuur het om die goeie nuus van die evangelie te verkondig. Ons wil ook graag doen wat Jy ons beveel. Help ons asseblief om uit die sendingreise van Paulus meer te leer oor hoe Jy ons wil gebruik om vissers van mense te wees – tot Jou verheerliking en eer. Ons bid dit in die Naam waarin ons gestuur is: In Jou Naam, ons Here Jesus. Amen |
|
||||
|
|
|
|||||
|
|
|
|||||
|
|
|
|||||
|
|
|
|
||||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In Handelinge 13 vers 1-4 lees ons: “Onder die profete en leraars in die gemeente in Antiogië was Barnabas, Simeon wat ook Niger genoem is, Lucius van Sirene, Manaen wat saam met die heerser Herodes grootgeword het, en Saulus. Toe hulle op 'n keer bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.” Nadat die gemeente gevas en gebid en hulle die hande opgelê het, het die gemeente hulle laat gaan. So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur.” |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Wat verstaan jy gewoonlik in ons tyd onder die begrip sendingwerk? |
|
|
|
|
|
|||||||
|
|
|
|||||||
|
|
|
|||||||
|
|
|
|
|
|
|
|||
|
|
|
|
|
|
|
...!
|
||
|
|
|
|
..web-span se gedagtes |
|
|
In ons tyd verstaan ons gewoonlik onder die begrip sendingwerk dat gelowiges uitgestuur word na heidenlande waar mense nog nie van God gehoor het nie, om die “verlore” mense daar van God se verlossingsboodskap te gaan vertel. Omdat die Evangelie gewoonlik nie in die heidenlande juis met ope arms ingewag word nie, word daar dan gewoonlik maar iets soos 'n sendinghospitaal opgerig waardeur die sendelinge dan probeer om naasteliefde aan die ongelowiges te demonstreer.. |
|
|
|
|
|
|
|
Eerste Sendingreis |
|
|
|
|
|
PCJCG |
|
|
Paulus gaan van Antiogië af na die hawestad Seleukië toe. |
Daarvandaan vaar hy na die stad Salamis op die eiland Siprus, waar hy die woord van God in die Joodse sinagoges verkondig |
|
In Handelinge 13:4-5 lees ons ”Hulle het na Seleukië toe gegaan en daarvandaan na Siprus toe oorgevaar en in Salamis aangekom. Daar het hulle die woord van God in die Joodse sinagoges verkondig.” |
|
|
|
|
|
Wag 'n bietjie, sou iemand kon vra, hoekom gaan Paulus op sy sendingreise na die “heidenlande” altyd reguit na bestaande Joodse sinagoges toe? Hoekom gaan hy nie eerder reguit na die mense toe wat beelde aanbid en geheel en al verlore is nie? |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In die tyd toe die Here Jesus in Israel gebore was, het die Israeliete nie oor hulleself regeer nie. Die land Israel was teen daardie tyd onder Romeinse oorheersing. Koning Herodes was onderdanig aan die Romeinse Keiser. In dié tyd het daar meer Jode in die buiteland gewoon as in Israel self. Vir die Israeliete mag daar net een tempel gewees het, naamlik die tempel in Jerusalem wat die enigste plek is waar die voorgeskrewe offers aan God gebring mag word. Oral waar groepies Jode in die buiteland gaan woon het, het hulle egter Joodse Godsdienstige bymekaarkomplekke opgerig. Dit was nie tempels nie en is Sinagoges genoem. |
|
Die Israeliete wat 'n opregte geloof in God gehad het, het in die daaglikse lewe 'n getuienis uitgeleef in die buiteland. Soveel so dat etlike uitlanders, soos byvoorbeeld die Grieke ook die Sinagoges begin bywoon het en hulle by die Israelietiese geloof aangesluit het. Hulle is dan “Godvresendes” genoem. (Sien Hand. 10:2, 22; 13:16; 17:4,17; 18:7) |
|
Die WOORDELYS agter in die Nuwe Afrikaanse Vertaling Bybel sê vir ons dat die term Godvresendes nie maar net 'n sinoniem vir die term gelowiges was nie, maar dat dit spesifiek gebruik is as 'n aanduiding van heidene wat die Joodse geloof aangeneem het en hulle aan die vernaamste leerstellings daarvan gehou het, maar wat nie die noodsaaklikheid van die besnydenis en sommige ander Joodse gebruike en wette aanvaar het nie.” |
|
|
|
|
|
|
|
Toepassing |
|
|
|
|
|
|
|
|
Met sy besoek aan die buitelandse sinagoges sou Paulus dan telkens Joodse gelowiges, asook Godvresendes teëkom waar hulle bymekaar is om God nog onder die Ou Testamentiese bedeling te aanbid en die Skrif te ondersoek, sonder dat hulle nog gehoor het dat die Nuwe Testamentiese bedeling reeds in Israel aangebreek het met die koms van die Joodse Messias wat hulle verwag. |
|
Paulus het dan telkens uit die Skrif uit vir hulle aangetoon dat Jesus die “Christus” is, soos die Messias in Grieks bekend staan. |
|
Die boodskap van Jesus sou telkens aan die lig bring wie in die betrokke sinagoge Jesus “se skape is” wat “Sy stem herken,” en daarteenoor sou dit ook duidelik word wie eintlik “kinders van die duiwel is” wat die profete vervolg, die lewende geloof smoor en die egte Godsdiens tot oorgelewerde gebruike laat ontaard. Die boodskap van die kruis van Jesus het dan telkens by die sinagoge tweespald gebring tussen die opregte gelowiges en dié Jode wat doof en blind is vir die Boodskap van God. |
|
Die opregte gelowiges en Godvresendes het hulle Messias in die verhaal van Jesus herken en Sy volgelinge geword. Later sou hulle “Christene” genoem word en met dié term is hulle onderskei van “die Jode” wat die Ou Testamentiese gebruike bly navolg het, omdat Jesus nie vir hulle die Messias was nie. |
|
Ons kan dus sê, anders as wat vandag die algemene opvatting is oor wat die term “sending” impliseer, gaan Paulus op sy sendingreise nie na ongelowiges toe – wat nog nooit van God gehoor het nie, maar na gelowiges toe - om aan hulle die goeie nuus te bring dat hulle lank verwagte Verlosser gekom het. |
|
Paulus gaan op sy sendingreise nie om mense wat afgode van hout en klip aanbid te bekeer nie, maar om aan mense wat reeds 'n ware verhouding met die lewende God het te vertel hoe die God wat hulle aanbid se raadsplan met die koms van Sy Seun ontvou het. |
|
Wanneer gelowiges by die sinagoges begin opgewonde raak oor die goeie nuus en die gepaardgaande wondertekens sien wat Paulus doen, soos dat hy siekes wonderbaarlik kan gesondmaak, dan kring die boodskap gou uit onder hulle heidense bure - sodat selfs die heidene naderhand by die sinagoge opdaag om te kom hoor wat gaande is. Hier is dit belangrik om daarop te let dat Paulus nie in heidense stede van deur tot deur agter die heidene aanloop om die goeie boodskap aan hulle op te dring soos pêrels wat voor die varke gegooi word om dit onder hulle onwillige pote te vertrap nie, nee, hy steek eerder die Lig van God se reddingsboodskap by die sinagoge aan, en dan kom die verlorenes wat bereid is om die werk van die duisternis in hulle lewens te laat staan self na die lig toe. |
|
Die werkswyse is ook in lyn met iets wat ons vroeër in Handelinge gesien het oor die verspreiding van die Evangelie, naamlik dat Petrus ook vroeër deur die Godvresende Kornelius laat haal is, en dat dit nie Petrus is wat aan Kornelius se deur gaan klop het om die Blye Boodskap aan hom te probeer opdring nie nie. (Hand 10) Tydens Paulus se eerste sendingreis is dit eweneens die goewerneur van die eiland Siprus wat die inisiatief neem om Paulus te laat roep omdat hy graag die Woord van God wou hoor - wat Paulus in die sinagoges op dié eiland gaan verkondig het. (Hand 13:7) |
|
'n Uitsondering op die reël tref ons aan met Paulus se besoek aan Atene tydens sy tweede sendingreis, waar hy hom weereens primêr op die Jode en Godvresendes in die sinagoge toespits, maar tog ook begin om met dié kultuurstad se wysgerige verbygangers te praat. Daar lees ons: "Terwyl Paulus in Atene vir Silas en Timoteus wag, het hy baie verontwaardig geword toe hy sien hoe vol afgodsbeelde die stad is. Hy het in die sinagoge met die Jode en die godvresendes geredeneer en elke dag op die stadsplein met die verbygangers gepraat. 'n Paar wysgere, Epikureërs en Stoïsyne, het met hom gestry. Party het gesê: “Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê?” Ander het gesê: “Dit lyk of hy 'n boodskapper van vreemde gode is.” Dit was omdat Paulus die evangelie van Jesus en sy opstanding verkondig het. Hulle het hom na die Areopagus toe geneem en gesê: “Kan ons te wete kom wat hierdie nuwe leer is wat jy verkondig? Party van die dinge wat jy sê, klink vir ons vreemd, en ons wil graag weet wat dit beteken.” Die Ateners in die algemeen en die uitlanders wat daar gewoon het, het hulle tyd aan niks anders bestee as om iets nuuts te sê of te hoor nie. ..Toe hulle van die opstanding uit die dood hoor, het party hom uitgelag, maar party het gesê: “Ons sal jou weer hieroor wil hoor.” So het Paulus van hulle af weggegaan. [Hy het terloops NIE met sy derde sendingreis of ooit weer na Atene teruggekeer om verder met dié mense te probeer praat nie!!] 'n Paar mense het egter gelowig geword en by hom aangesluit. Onder hulle was daar Dionisius, 'n lid van die Areopagus, en 'n vrou met die naam Damaris en nog ander saam met hulle." (Selektief uit Hand 17:16-34) |
|
"Die Bybel Verklaar" se uitleg van dié gedeelte lui: "Die Grieke is te vas aan menslike wysheid om iets oor 'n opstanding uit die dood te kan aanvaar en hulle verdaag die byeenkoms, sommige met openlike spot en andere met 'n hoflike ontwyking waaruit ons nie met sekerheid kan aflei of hulle Paulus wel weer wou hoor nie." |
|
|
|
|
|
Tipiese verloop van Paulus se besoek aan 'n stad |
|
|
JG |
||||
|
|
|
Wanneer Paulus by 'n stad aankom gaan hy gewoonlik eers na die Joodse Godsdienstige sentrum toe, naamlik die sinagoge, waar hy die gelowiges opsoek om aan hulle die blye nuus te bring dat die Messias wat hulle verwag - uiteindelik gekom het! Hy verduidelik dan uit die Skrif vir hulle hoe die Messias moes ly en sterf en opstaan uit die dood om die mensdom van sonde te verlos. |
|
Terwyl die ware gelowiges hulle Messias in die verhaal van Jesus herken, verwerp die ander Jode die Evangelieboodskap. Weens die sterk teenkanting onder dié Jode wat verkies om aan die ou gebruike vas te kleef begin Paulus dan gewoonlik om die gelowiges apart te onderrig. Die boodskap wat Paulus bring word vir die gelowiges bevestig deur die wondertekens wat hy doen. |
|
Spoedig kring die boodskap wyer en wyer uit en van oraloor kom mense uit die heidense samelewing om na die nuwe leer wat met wonders gepaard gaan te luister. |
|
Dan raak die ortedokse Jode gewoonlik jaloers omdat soveel mense opdaag om na die boodskap wat Paulus bring te kom luister. Dié Jode gaan hits die heidense stadsowerheid dan gewoonlik teen Paulus aan en verkla hom daarvan dat hy die mense met 'n vreemde leer kom mislei. |
|
In die laaste fase van sy besoek groet Paulus dan gewoonlik haastig die gelowiges voor hy vir sy lewe vlug voor 'n sameswering van ortedokse Jode, die plaaslike heidense owerheid en 'n samedromming van 'n klomp oproerige leeglêers wat deur jaloerse Jode opgestook word.. |
|
|
||||||||||
|
|
|
|
|
Leeswerk |
|
|
|
|
|
|
|
|
||||||||||
|
Voor ons verder gaan, lees asseblief enige een van Paulus se drie sendingreise volledig deur en volg sy reisplan op die kaart in jou Bybel. Kyk of jy saamstem met die afleiding dat gelowiges Paulus se primêre sendingteiken was..? |
||
|
Die eerste sendingreis strek van Handelinge 13:1 – 14:27. |
Die Tweede sendingreis is opgeteken tussen Hand. 15:36 en 18:23. |
En die derde sendingreis kan jy vind in Handelinge 18:23 – 21:17 |
PCJCG |
||
|
.. Klaar gelees..? |
||
|
|
|
|
|
Kort, eensydige oorsig |
|
|
|
|
|
|
|
|
Eerste Sendingreis |
|
[Hand 13] So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur. Hulle het na Seleukië toe gegaan en daarvandaan na Siprus toe oorgevaar en in Salamis aangekom. Daar het hulle die woord van God in die Joodse sinagoges verkondig. ..Die goewerneur het vir Barnabas en Saulus laat roep, want hy wou graag die woord van God hoor. |
|
..Hulle het die reis van Perge af voortgesit en in Antiogië in Pisidië gekom. Op die sabbatdag het hulle na die sinagoge toe gegaan en daar gaan sit. Ná die voorlesing uit die wet en die profete het die raadslede van die sinagoge hulle laat weet: “Broers, as julle vir die volk 'n woord van bemoediging het, praat maar.” ..Terwyl hulle die sinagoge verlaat, het die mense vir Paulus en Barnabas gevra om hulle die volgende sabbatdag meer van hierdie dinge te vertel. Nadat die sinagoge uit was, het baie van die Jode en van die mense wat vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Dié het met hulle gepraat en hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou. Die volgende sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om die woord van die Here te hoor.. |
|
[Hand 14] In Ikonium het Paulus en Barnabas op dieselfde manier opgetree. Hulle het weer na die Joodse sinagoge toe gegaan en daar gepreek, met die gevolg dat 'n groot aantal Jode en Grieke gelowig geword het. Maar die Jode wat nie die boodskap wou aanneem nie, het die gemoedere van die heidene opgesweep en hulle teen die gelowiges aangehits. Ten spyte hiervan het die apostels 'n geruime tyd in die stad gebly en in vertroue op die Here onbevrees gepreek. Die Here het ook die boodskap van sy genade bevestig deur die apostels tekens en wonders te laat doen. |
|
|
||||||||||
|
|
|
|
|
Tweede sendingreis |
|
|
|
|
|
|
GJJG |
||||||||||
|
[Hand 15] 'n Tydjie later het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan kyk hoe gaan dit met die gelowiges in al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het.” ..Paulus het vir Silas gekies en vertrek, nadat hulle deur die gelowiges aan die genade van die Here toevertrou is. Hy het deur Sirië en Silisië gereis en die gemeentes geestelik versterk. |
|
[Hand 16].. Soos hulle van stad tot stad gereis het, het hulle die besluite wat die apostels en ouderlinge in Jerusalem geneem het, aan die gelowiges oorgedra en hulle beveel om daarvolgens te handel. So is die gemeentes in die geloof versterk, en die getal gelowiges het by die dag groter geword. |
|
..Daarvandaan is ons na Filippi toe, 'n belangrike stad in daardie deel van Masedonië en ook 'n Romeinse kolonie. In hierdie stad het ons 'n paar dae gebly. Op die sabbatdag is ons na die rivier toe buitekant die stadspoort, omdat ons gedink het daar sou 'n Joodse bidplek wees. Ons het gaan sit en met die vroue gepraat wat daar bymekaar was. Een van dié wat geluister het, was 'n vrou met die naam Lidia, wat die Joodse geloof aangeneem het. |
|
..Toe het die bewaarder 'n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” |
|
[Hand 17] ..Paulus-hulle het deur Amfipolis en Apollonië na Tessalonika toe gereis, waar daar 'n Joodse sinagoge was. Soos dit Paulus se gewoonte was, het hy daarheen gegaan en op drie sabbatdae na mekaar uit die Skrif met die Jode geredeneer. Hy het die Skrif uitgelê en daaruit aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood moes opstaan. “Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,” het hy gesê, “Hy is die Christus.” Party van die Jode het oortuig geraak en by Paulus en Silas aangesluit. 'n Groot aantal godvresende Grieke en 'n aansienlike getal vooraanstaande vroue het ook nog bygekom. Maar die Jode was hieroor afgunstig en het met die hulp van 'n klomp nikswerd leeglêers 'n betoging op tou gesit.. |
|
Sodra dit donker was, het die gelowiges vir Paulus en Silas na Berea toe gestuur. Daar aangekom, het hulle na die Joodse sinagoge toe gegaan. Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika. Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê. Baie van die Jode het gelowig geword en ook heelparty van die Grieke.. |
|
Terwyl Paulus in Atene vir Silas en Timoteus wag, het hy baie verontwaardig geword toe hy sien hoe vol afgodsbeelde die stad is. Hy het in die sinagoge met die Jode en die godvresendes geredeneer en elke dag op die stadsplein met die verbygangers gepraat. 'n Paar wysgere, Epikureërs en Stoïsyne, het met hom gestry. Party het gesê: “Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê?” Ander het gesê: “Dit lyk of hy 'n boodskapper van vreemde gode is.” Dit was omdat Paulus die evangelie van Jesus en sy opstanding verkondig het. Hulle het hom na die Areopagus toe geneem en gesê: “Kan ons te wete kom wat hierdie nuwe leer is wat jy verkondig? (Hulle vra om te hoor) Party van die dinge wat jy sê, klink vir ons vreemd, en ons wil graag weet wat dit beteken..” |
|
[Hand 18] Hierna het Paulus Atene verlaat en na Korinte toe gegaan. Daar het hy vir Akwila, 'n Jood wat in Pontus gebore is, ontmoet. Hy het kort tevore saam met sy vrou, Priscilla, uit Italië daar aangekom, nadat keiser Claudius beveel het dat al die Jode Rome moet verlaat. Paulus het hulle gaan opsoek, en omdat hulle net soos hy tentmakers van beroep was, het hy by hulle ingetrek en saam met hulle gewerk. Maar elke sabbatdag het hy in die sinagoge met die mense geredeneer en Jode en Grieke probeer oortuig. Nadat Silas en Timoteus van Masedonië af gekom het, het Paulus al sy tyd bestee aan die prediking om die Jode daarvan te oortuig dat Jesus die Christus is.. Maar toe hulle hulle aanhou verset en hom beledig, het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “As julle verlore gaan, is dit julle eie skuld. Ek aanvaar nie die verantwoordelikheid daarvoor nie. Van nou af gaan werk ek onder mense wat nie Jode is nie.” Toe het hy die sinagoge verlaat en na die huis toe gegaan van 'n godvresende man met die naam Titius Justus. Sy huis was net langs die sinagoge. Krispus, die hoof van die sinagoge, en sy hele huisgesin het tot geloof in die Here gekom. Ook baie ander mense in Korinte wat die boodskap gehoor het, het gelowig geword en is gedoop. |
|
Een nag het die Here in 'n gesig vir Paulus gesê: “Moenie bang wees nie; hou aan met preek en moenie stilbly nie, want Ek is by jou. Niemand sal jou aanval of jou kwaad aandoen nie, want in hierdie stad behoort baie mense aan My.” Paulus het 'n jaar en ses maande lank daar gebly en die mense onderrig in die woord van God. |
|
|
||||||||||
|
|
|
|
|
Derde sendingreis |
|
|
|
|
|
|
GJJG |
||||||||||
|
..Daarna het hy weer vertrek en deur die landstreek van Galasië en Frigië gereis. Oral het hy die gelowiges geestelik versterk. |
||||||||||
|
Hand 19] Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binneland gereis en in Efese gekom. Daar het hy 'n groepie gelowiges gekry.. Paulus het drie maande lank met vrymoedigheid in die sinagoge geredeneer oor die koninkryk van God en die mense daarvan probeer oortuig. Maar party was koppig en wou hulle nie laat oortuig nie. Hulle het ook in die openbaar die leer van die Here belaglik probeer maak. Toe het Paulus hulle verlaat en die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou. Dit het twee jaar lank so aangehou, sodat al die inwoners van die provinsie Asië, Jode sowel as Grieke, die woord van die Here gehoor het. God het deur Paulus wonderbaarlike dinge gedoen. Selfs doeke of voorskote wat aan sy lyf geraak het, is op siekes gesit en dan het hulle siektes verdwyn; en die bose geeste het uit hulle uitgegaan. |
||||||||||
|
[Hand 20] Nadat die oproer bedaar het, het Paulus die gelowiges bymekaargeroep en hulle moed ingepraat. Daarna het hy hulle gegroet en Masedonië toe vertrek. Op sy reis deur daardie gebiede het hy die gelowiges telkens met sy prediking bemoedig. |
||||||||||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In terme van die Here Jesus se gelykenis: Sou jy sê Paulus se sending was direk gerig op "verlore visse" of was dit gerig op die vernuwing van die kerk as God se treknet waarin vis verstrengel raak? |
|
|
|
|
|
|||||||
|
|
|
|||||||
|
|
|
|||||||
|
|
|
|
|
|
|
|||
|
|
|
|
|
|
|
...!
|
||
|
|
|
|
..web-span se gedagtes |
|
|
|
|
|
In terme van die Here Jesus se gelykenis sou ons sê Paulus se sending was nie direk gerig op die "verlore visse" in die uitlandse waters nie: Paulus se sending was primêr gerig op die vernuwing van God se treknet - bestaande uit 'n netwerk gelowiges wat verlore visse mettertyd vasvang! |
|
|
|
||
|
|
|
||
|
|
|
||
|
|
|
||
|
|
|
||
|
Paulus se doel was om die gelowige Israeliete en Godvresendes uit die heidennasies by die sinagoges in die buiteland te gaan besoek en hulle begrip van God se reddingsplan vir die wêreld op te dateer met die goeie nuus oor ons Here Jesus as die lankverwagte Messias! So sou hulle beter toegerus wees vir die taak waartoe God hulle geroep het, naamlik om getuies te wees van die liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing wat uit 'n persoonlike verhouding met ons Hemelse Pa spruit.. |
|||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Watter beginsel/s oor sendingwerk het jy uit die sendingreise van Paulus geleer, en hoe dink jy moet ons dit in ons tyd prakties implimenteer? |
|
|
|
|
|
|||||||
|
|
|
|||||||
|
|
|
|||||||
|
|
|
|
|
|
|
|||
|
|
|
|
|
|
|
...!
|
||
|
|
|
|
..web-span se gedagtes |
|
|
Fokus daarop om die netwerk van gelowiges te versterk as God se treknet waarin verlore vis in die alledaagse bedrywighede verstrengel moet raak.. |
|
Laat die lig in die kerk helder skyn sodat ongelowiges wat bereid is om die werk van die duisternis in hul lewens te laat vaar daarheen aangetrokke sal voel. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|