laat weet

info

ander studies

vertel      

..Kom ons kyk NADER en DIEPER!

      epos

homepage

antwoordblad

donasies

B

Y

B

E

L

S

U

D

E

 

 

A

A

N

L

Y

ELKEEN se opinie is vir ons belangrik en EWE gewigtig, want Jesus het gesê: "Julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is almal BROERS." En "Julle moet julle nie ‘leiers’ laat noem nie, want Een is julle Leier: die Christus."

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

W

E

E

K

3

 ..Verruim Jou Ingeligte Opinie Met Lekker, Kreatiewe Aflaai&Eposklets Bybelstudies..!

 

Deel saam met ons in die gebed:

 

 

Here Jesus, Jy het eenmaal gesê: "As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem." Here, ons het jou lief en ons wil graag Jou woorde waarlik ter harte neem, daarom antwoord ons Jou vandag - waar ons gereed maak om die Skrif in diepte te ondersoek - met die woorde van die seuntjie, Samuel wat gesê het “Praat, Here, U dienaar luister!”

 

 

1Joh 2:27 sê vir ons: "Wat júlle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle, en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie. Sy Gees leer julle alles"

 

 

Here, ons neem hierdie kosbare versekering in geloof aan en ons vra dat Jy ons oë sal oopmaak en ons verstand sal verlig as ons vandag die woorde wat Jy vir ons laat opskryf het ondersoek.

 

 

Dit alles bid ons in Jou Naam, Here Jesus.

 

 

 Amen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Laasweek het ons gekyk na wat dit in die praktyk beteken wanneer 1Kor 13:5 verklaar: "Die liefde ..hou nie boek van die kwaad nie." Dié week spring ons weg deur die Here Jesus se woorde oor vergewe in die Evangelies onder die vergrootglas te neem.

 

 

 

 

 

 

 

 

W

A

T

 

J

E

S

U

S

 

O

N

S

 

L

E

E

R

 

 

..Kom ons kyk NADER en DIEPER!

Kom ons kyk nader.. en dieper.. na wat die Here Jesus vir ons leer oor vergewe. God het nie een woord verniet vir ons laat opskryf nie, daarom moet ons elke woord wat Hy sê "weeg" om dit deeglik te verstaan: Ons kan nie sommer maar tevrede wees met 'n algemene indruk van wat Hy vir ons wil leer nie..

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

In Matteus 18:15-17 sê die Here Jesus vir ons:

"As  jou broer  verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is.  As  hy na jou luister, het jy  jou broer  teruggewen. Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word. En as hy na hulle nie luister nie, sê dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente  nie luister nie,   moet  jy hom as ’n  heiden  en ’n  tollenaar  behandel."

 

Wat behels vergifnis teenoor iemand wat nie berou het nie?

 

 Dié teksdeel verskil van ander tekse wat handel oor die feit dat jy jou "broer" moet vergewe in die opsig dat die oortreder hier nie berou het nie en weier om hom tot inkeer te laat bring.

 

 Hier praat die Here Jesus oor 'n geval waar iemand wat jy as 'n "broer" beskou "verkeerd optree teen jou." Die verkeerde optrede is nie maar in die algemeen immoreel nie, dit is ook nie primêr teen God of teen die gemeente nie, maar teen "jou" as individu.  

 Ons eerste reaksie is om te verwag die Here Jesus gaan sê as 'n broer verkeerd optree teen jou - moet jy hom vergewe - sewentig maal sewe keer - en die ander wang draai!

 Dit is egter eerder die teendeel wat hier gebeur: Die Here Jesus moedig ons aan om die saak nie maar "om vredes wil" liewer "daar te laat nie." Tewens, 'n hele sistematiese proses van teregwysing waarby die wyer geloofs-gemeenskap betrek word, word voorgeskryf - en as die man wat jy aanvanklik as 'n "broer" beskou het uiteindelik selfs na die gemeente nie luister nie - MOET jy hom nie langer as 'n "broer" behandel nie, maar as 'n "heiden" en 'n "tollenaar."

 

 Wat word hier met die term "broer" bedoel, sou iemand aanvanklik kon vra. Verwys die Here Jesus hier na bloedfamilie, volksverband of medegelowige?

 

 In die laaste vers van die teksdeel word dit duidelik dat die term "broer" hier gebruik word TEENOOR die terme "heiden en tollenaar." 'n Mens kan dus aflei dat Jesus se begripsverklaring in Matt 12:46-50 hier van toepassing is, waar die Skrif sê: "Terwyl Jesus nog besig was om met die mense te praat, het sy moeder en broers buite gestaan, en hulle wou met Hom praat. Iemand sê toe vir Hom: “U moeder en U broers staan daar buite en wil met U praat.” Maar Hy sê vir die man wat dit vir Hom gesê het: “Wie is my moeder, en wie is my broers?” Toe wys Hy met sy hand na sy dissipels en sê: “Daar is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en my suster en my moeder.”

 Die slotsom van die gedeelte is dus dat as iemand wat jy tot dusver as 'n medegelowige beskou het nie berou kry oor sy verkeerde optrede (teen jou) nie, en selfs wanneer jy uiteindelik die saak voor die gemeente bring hom nie daarvan bekeer nie, dan moet jy (en die hele gemeente) hom nie langer as 'n medegelowige beskou nie, maar hom as 'n heiden en 'n tollenaar behandel.

 Let daarop dat hier nie staan jy moet hom SOOS 'n heiden en 'n tollenaar behandel nie, nee, hier staan jy moet hom AS 'n heiden en 'n tollenaar behandel. By implikasie is hy dus nie bloot SOOS 'n heiden en 'n volksverraaier nie, hy IS in wese 'n heiden en 'n volksverraaier, waarvoor  *tollenaar  hier 'n metafoor is.

(Interessant, oor dié woorde van Jesus getuig Matteus - 'n man wat voor Jesus hom as dissipel geroep het sélf 'n tollenaar was!!)

 

 *Die Nuwe Afrikaanse Vertaling se WOORDELYS sê vir ons: "Tollenaar dui 'n Jood aan wat opgetree het as agent vir die Romeinse owerheid met die oog op die insameling van tolgeld. Die Jode het die tollenaars verag en gehaat omdat hulle gesien is as handlangers van die onderdrukkers van die volk en as uitbuiters. Die tollenaars is daarom uit die Joodse gemeenskap uitgesluit en gelykgestel met sondaars en heidene." 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons optrede heens gelowiges en afgodsdienaars verskil nie vandag baie ooglopend nie: Wat het dit in Jesus se tyd vir die Joodse volk behels om iemand as 'n heiden te behandel?  vgl Hand 10:25-29 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte





 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

 

'n Jood mag nie met iemand van 'n heidenvolk omgegaan het of by hom in die huis gekom het nie.

 

 In die boek Levitikus lees ons van die reinheidsvoorskrifte wat die Here vir die Israeliete voorgeskryf het. Om kulties rein te bly - moes hulle streng daarby hou - en mense vermy wat nie die Here se voorskrifte na kom nie, anders sou so 'n mens se kultiese onreinheid baie maklik per ongeluk op die Israeliet wat met hom kontak het oorgedra kon word.

 Die rede vir die reinheidsvoorskrifte wat vandag vir ons vreemd klink is dat die Kanaäniete wat voor die volk van die Here die land bewoon het allerhande bygelowe oor byvoorbeeld dooies en vrugbaarheid gehad het. Hulle afgodery is gevolglik ook "vrugbaarheidsgodsdienste" genoem. In die vrugbaarheidsgods-diens was die mens se vrugbaarheid en seksualiteit van so groot kultiese belang dat dit selfs uitdrukking gevind het in tempel-prostitusie - en die brandoffer van babatjies.

 Wat vir die heidene van besondere kultiese belang was in die bedryf van hulle afskuwelike afgodery, het die Here nou kulties onrein verklaar, sodat die Israeliete op geen manier die afstootlike vrugbaarheidsgebruike van die afgodsdienaars in die aanbidding van die Here kon invoer nie.

In Lev 15 kry ons 'n goeie voorbeeld van hoe menslike vrugbaarheid doelbewus van aanbidding geskei is deur die tekens daarvan (nie onheilig nie!) maar wel kulties onrein te verklaar. Om kulties onrein te wees beteken nie dat jy verwerplik is nie, dit beteken bloot dat jy vir so lank as jou kultiese onreinheid duur nie in die heiligdom mag gekom het of aan die Godsdienstige byeenkoms mag deelgeneem het nie.

In Lev 15:19-24 lees ons: “Met 'n normale menstruasie is 'n vrou sewe dae onrein. Enigiemand wat aan haar raak, is die res van die dag onrein. Enigiets waarop sy lê of sit gedurende die sewe dae, is onrein. Enige persoon wat aan haar bed raak of aan iets waarop sy gesit het, moet sy klere was en hom bad. Hy is die res van die dag onrein. As iemand aan iets raak wat op haar bed lê of aan iets waarop sy gesit het, is hy ook die res van die dag onrein. As 'n man dit sou waag om met haar geslags-gemeenskap te hê, word haar onreinheid op hom oorgedra en is hyself ook sewe dae onrein. Enige bed waarop hy lê, is ook onrein." 

 

 Dié teks help 'n mens om te verstaan waarom Jode dit noodsaaklik geag het om kontak met heidene en hulle kledingstukke en die stoele waarop hulle sit en die beddens waarop hulle lê te vermy.

 

 

 

 

 

"..As hy ook na die gemeente nie luister nie,  moet  jy hom as ’n  heiden  en ’n  tollenaar  behandel." (Matt 18:17)

 

 

 

 

 

 

 

Wat leer jy uit Matt 18:15-17 oor wat vergewe beteken / en NIE beteken nie in 'n geval waar iemand wat verkeerd teen jou opgetree het ná die proses van teregwysing steeds nie berou en inkeer toon nie?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte





 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

 

Uit Matt 18:15-17 leer ons dat jy iemand wat homself 'n gelowige noem en wat verkeerd teen jou optree eers eenkant moet teregwys waar julle alleen is.

 

 As hy nie na jou luister nie moet jy die proses volg wat die Here Jesus aan ons voorgeskryf het: Jy moet nog een of twee gelowiges met jou saamneem en die saak probeer uitpraat.

 As die persoon steeds nie gehoor gee nie moet jy die saak na die gemeente toe neem.

As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy (en die gemeente as geheel) hom as 'n heiden en 'n tollenaar behandel. Dit sou daarop neerkom dat julle die persoon doelbewus moet uitsluit uit die gemeenskap.

 Om 'n beroulose persoon te vergewe, beteken dus nie dat jy voortgaan om in 'n verhouding met hom te leef nie, inteendeel, nadat jy die voorgeskrewe proses (sonder sukses) gevolg het MOET jy hom uit jou lewe uitsluit - en van die mede-Christene wat saam met jou die proses gevolg het verwag Jesus om dieselfde te doen.

 Vergewe beteken hier: Jy mag nie met bitterheid en wraak-gedagtes teenoor die persoon bly rondloop nie: Jy moet nie boekhou van die kwaad wat hy of sy jou aangedoen het nie - maar die saak in gebed aan God oorhandig!

 Jy moet God vertrou dat Hy Self regverdig oor die persoon sal oordeel soos Hy dit goedvind, en wanneer Hy dit goedvind.

 

Jy moet die persoon doelbewus vermy - en voortgaan om jou lewe in liefde te leef. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

As jy terugkyk op jou antwoord by vraag 23: Is jy verbaas om te besef wat vergewe teenoor 'n beroulose persoon behels?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte





 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

 

Dié teks word nie normaalweg aangehaal wanneer daar oor vergewe gepraat word nie. Normaalweg praat mense oor vergewe asof daar maar net een manier van vergewe is en asof ons alle mense eenders moet vergewe.

 

Ons is dus nogal verbaas om te sien hoe reguit Jesus dit stel dat ons 'n beroulose mens uit die gemeenskap moet uitsluit deur hom as 'n heiden en 'n tollenaar te behandel!!

Dit is veral die beeld van die tollenaar wat aangrypend is, want waar 'n heiden dalk nog iemand kan beteken wat nie die blye boodskap gehoor het nie - dui 'n tollenaar iemand aan wat hardnekkig sy rug op die geloofsgemeenskap draai en met die vyand heul!

 

 Verbasend genoet staan daar nie bloot dat ons so iemand as 'n heiden en 'n tollenaar MAG behandel nie, nee, daar staan dat ons hom as 'n heiden en 'n tollenaar MOET behandel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

B

E

V

E

S

T

I

G

I

N

G

 

 

 

 

 

In 1Kor 5:11-13 sluit Paulus nóú aan by wat Jesus ons in Matteus 18:15-17 beveel, as hy sê:

  "Wat ek geskryf het, was dat julle  nie  moet omgaan met iemand  wat homself 'n gelowige noem,  maar wat onsedelik of geldgierig of 'n afgodsdienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieër is nie.  Met so iemand moet julle nie eens saam eet nie.  Per slot van rekening is dit nie vir my om oor mense  buite  die gemeente te oordeel nie. God sal oor hulle oordeel. Maar julle  moet  oor julle eie mense oordeel: “Verwyder die slegte mens onder julle uit!”

 

B

E

R

O

U

 

O

F

 

B

E

R

O

U

L

O

O

S

?

 

Tema: So moet jy maak waar iemand verkeerd opgetree het en..

 

nie berou het nie

berou het

Matteus 18:15-17

Matteus 18: 21-35

 

Waar Jesus in Matteus 18:15-17 gepraat het oor optrede teenoor 'n "broer" wie se volhardende  berouloosheid  oor sy verkeerde gedrag verklap dat hy in werklikheid in sy hart niks anders as 'n hardvogtige heiden is nie, praat Hy in vers 21-35 van dieselfde hoofstuk nou vervolgens oor optrede teenoor 'n egte broer wat werklik  berou  daaroor het as hy jou te na gekom het. 

 

 

 Waar 'n broer berou het..

 

 

In Matteus 18:21-35 lees ons: "Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”

 

Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.

Daarom kan die koninkryk van die hemel vergelyk word met ’n koning wat besluit het om saam met sy amptenare hulle boeke na te gaan. Toe hy daarmee begin, is een amptenaar na hom toe gebring wat miljoene rand geskuld het. Hy kon dit nie betaal nie, en daarom het die koning beveel dat hy en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, verkoop en die skuld betaal moet word.

Die man het voor hom neergeval en gesoebat: ‘Gee my tog uitstel; ek sal u alles terugbetaal.’

Die koning het hom jammer gekry, hom laat gaan en sy skuld afgeskryf.

“Toe daardie man buite kom, het hy een van sy medeamptenare raakgeloop wat hom net ’n paar rand geskuld het.

Hy het hom gegryp en gewurg, en gesê: ‘Betaal wat jy skuld!’

Sy medeamptenaar het voor hom neergeval en hom gesmeek: ‘Gee my tog uitstel, ek sal jou betaal.’

Maar hy wou nie en hy is daar weg om hom in die tronk te laat gooi totdat hy die skuld betaal het.

“Toe sy medeamptenare sien wat gebeur het, was hulle diep teleurgesteld, en hulle het alles wat gebeur het, vir hulle koning gaan vertel. Die koning het hom laat haal en vir hom gesê: ‘Jou skurk! Al daardie skuld het ek vir jou afgeskryf omdat jy my gesoebat het. Moes jy nie ook jou medeamptenaar jammer gekry het soos ek jou jammer gekry het nie?’ Die koning was woedend en het hom oorgegee om gemartel te word totdat hy al die skuld betaal het.

 

“So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.”

 

 

Mt 18:21-35 (NAV)

 

 

 

 

 

 

 

 

Span jou verbeelding in en skets 'n praktiese voorbeeld van 'n situasie waar dit nodig mag wees om 'n egte medegelowige in praktyk "sewentig maal sewe keer" aan te hou vergewe?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte





 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

 

Een voorbeeld is dié van 'n goeie ou huishulp wat met die allerbeste bedoelings met verloop van tyd die allerverskrik-liste skades kan aanvang. Almal ken seker 'n hele paar staaltjies wat onder dié tema pas! 

 

Jy verduidelik haar byvoorbeeld drie keer om nie die nuwe teflon-panne met skuurdraad by te kom nie. Sy sê dat sy verstaan, en alles verloop goed. 'n Week later kom jy tuis en dit is te laat vir trane. Sy beduie sy het verstaan dit is net terwyl die panne nog nuut is dat sy dit nie moet skuur nie.

Jy vergewe.

Jy verduidelik honderd maal dat die delikate materiaal van 'n nuwe kledingstuk slegs met 'n plastiese stoomyster gestryk mag word. Aanvanklik verloop alles goed. Dan, 'n maand later vergeet sy skoon van dié reëling - en as jy minute voor 'n belangrike geleentheid die kledingstuk uit die hangkas haal kry jy 'n nare verrassing!

Jy vergewe.

Van tyd tot tyd raak haar kop 'n bietjie deurmekaar - en sy bêre goed op plekke waar dit nog nooit gebly het nie! Oor die naweek soek jy jou dood daarna.. In jou haastigheid byt jy op jou tande van frustrasie, en - jy vergewe!! 

Sy stort 'n hele beker water oor die TV-stel en maak mooi droog bo-op! Van water wat binne-in loop verstaan sy niks en as jy vanaand die TV aansit hoor jy net 'n slag en sien rook! Maar vergewe, vergewe jy!

 

Jy kom by die huis en stoot haastig die kos in die oond, draai die temperatuur aan tot waar dit moet wees en laat die kos gaar word terwyl jy gaan gereed maak om gaste vir ete te ontvang. As jy terugkeer ontdek jy jou huishulp het vandag die stoofplate skoongemaak en vergeet om die stoof se hoofskakelaar daarna weer aan te skakel. Die gaste is by die voordeur en die bredie in die oond is rou, drogerig en koud. Jy vergewe. Jy gooi maar intussen vir hulle vrugtesap in om te drink en ontdek drie van die glase is gebars oor die skottelgoedwater weer te warm was. Jy vergewe sewentig maal sewe keer en sê honderd keer dankie vir alles wat nié skeef loop nie..

 

 

 

 

 

Toe die Here Jesus in Matteus 18:15-17 oor die beroulose oortreder gepraat het, het Hy beveel dat ons hom as 'n heiden en 'n tollenaar moet behandel en nie eenmaal die woord "vergewe" gebruik nie. Waar Hy nou in vers 21-35 'n skuldenaar beskryf wat "neerval en smeek" sê Jesus dat ons hom "van harte" moet vergewe.

 

 

 

 

 

 

 

Wat beteken dit vir jou persoonlik om iemand "van harte" te vergewe.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte





 

 

 

..web-span se gedagtes _

 

 

Om iemand "van harte" te vergewe sal vir ons beteken dat daar geen kwadegevoelens meer is nie. Dit beteken dat jy hom volkome vryspreek en bid dat die Here Jesus hom ook nie die kwaad wat hy gedoen het sal toereken nie.

 

Om iemand "van harte" te vergewe beteken dat jy hom in liefde aanneem en nie weer verwyt oor wat hy gedoen het nie.

Ons reken as ons iemand "van harte" vergewe het sal ons doelbewus daaraan probeer werk om die verhouding tussen ons weer te versterk en om die negatiewe ervaring wat ons met die persoon gehad het met talle positiewe ervarings te vervang.

 

Soos Paulus met Johannes Markus gemaak het toe hulle daar saam in die gemeente in Antiogië was, sal jy egter nog rekening moet hou met wat jy oor sy karakter geleer het: As agterlosigheid byvoorbeeld 'n swakplek in sy karakter is waarteen hy moet stry, is hy nie die ideale kandidaat om jou plante nat te gooi en jou visse kos te gee wanneer jy met vakansie gaan nie, ook al het jy hom van harte vergewe!