laat weet

info

 

MENU: alle studies

vertel      

Kom ons kyk NADER en DIEPER..

      epos

homepage

antwoordblad

 

donasies

B

Y

B

E

L

S

T 

U

D

I 

E

 

 

A

A

N

L

Y

N 

Ons kyk na wat dit regtig beteken om vissers van mense te wees..

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

W

E

E

K

3

ô

ôô ô ô ôôô ô ô ô ôô ô ô

..Verruim jou ingeligte opinie met lekker, kreatiewe aflaai&eposgesels Bybelstudies..!

 

 

 

 

 

 

ô ô ôô ô ôôô ô  

Laasweek het ons gekyk na wat Paulus se sendingreise behels het, en hoe dit ons rol as vissers van mense toelig. Ons het gesien dat die teiken van Paulus se sendingreise primêr gelowiges was, en nie ongelowiges nie. Vandag kyk ons verder na hoe ander teksdele in die Nuwe Testament dié onderwerp raak. Maar kom ons bid eers saam:

  ô ô ôô ô ôôô ô ô

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gebed

 

 

 

 

Here, Baie dankie vir elke visser van mense wat 'n rol gespeel het toe Jy ons in die groot treknet van Jou genade vasgevang en gered het. Wil Jy ons help om uit Jou Woord uit beter te verstaan hoe Jy graag wil hê dat ons, op ons beurt, ons roeping as vissers van mense moet uitleef.. Ons vra dit in Jou Naam, ons Here Jesus. Amen

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Paulus se terugkeer en gevangenskap

 

 

 

Toe ons laasweek op Paulus se drie sendingreise ingefokus het, het ons gesien dat Paulus op sy besoek aan stede in die heidenlande altyd dieselfde werkswyse gevolg het: Hy het hom naamlik altyd op die Joodse sinagoges in die heidenstede toegespits: By die sinagoges het hy die koms van die verwagte Messias aan Jode, sowel as die Godvresendes (onbesnede mense wat van tevore REEDS uit die heidendom na die Jodedom oorgegaan het) verkondig.

o JG o

Dié verkondiging van die Boodskap dat die Here Jesus die lankverwagte Messias is wat deur die Jode oor die wêreld heen verwag word, is deur God bevestig deur allerlei wondertekens wat die gelowiges in Sy Naam gedoen het. Die dinge wat by die sinagoge gebeur het telkens so 'n opskudding veroorsaak dat onbekeerde heidene ook na die plaaslike sinagoge toe gestroom het om te kom hoor en sien wat die nuwe leer is wat Paulus daar verkondig.

Paulus het drie sendingreise na die gelowiges in die heidenlande toe onderneem. (Hy het nooit 'n stad besoek waar daar nie minstens reeds 'n groepie Ou Testamentiese gelowiges was nie.) Nadat Paulus terug gekom het van sy derde (en laaste) sendingreis na die heidenlande toe, is hy by die Tempel in Jerusalm deur die Joodse kerklui wat die Boodskap van Jesus teëgestaan het gevange geneem.

Nadat hulle pogings om Paulus te vermoor twee maal gefnuik is deurdat die Romeinse kommandant in Jerusalem daarvan te hore gekom en ingegryp het, het die Joodse kerklui besluit om op 'n ander manier van Paulus te probeer ontslae raak. Hulle het by monde van hulle advokaat Tertullus 'n aanklag teen Paulus by die Romeinse goewerneur, Feliks in Sesarea gaan indien. In Hand 24:1-9 lees ons: "Vyf dae later het die hoëpriester Ananias saam met 'n paar van die familiehoofde en 'n advokaat, Tertullus, daar aangekom. Hulle het voor die goewerneur verskyn om hulle aanklag teen Paulus in te dien. Paulus is ingeroep, en Tertullus het met die aanklag voor Feliks begin: “U Edele, onder u lewe ons in rus en vrede, en deur u beleid het daar verbeteringe vir hierdie volk ingetree. Dit erken ons altyd en oral met diep dankbaarheid. “Ek wil u nie onnodig vermoei nie. Ek versoek u om met u kenmerkende welwillendheid na 'n kort uiteensetting van ons saak te luister. “Ons beskou hierdie man as 'n gevaar vir die samelewing. Hy bring skeuring in die Joodse geledere dwarsdeur die wêreld. Hy is 'n leier van die dwaalrigting van die Nasareners. Toe hy probeer het om selfs die tempel te ontheilig, het ons hom gevange geneem. As ú hom oor al hierdie dinge verhoor, kan u te wete kom waarom ons hom aankla.” Hiermee het die Jode saamgestem en hulle het bevestig dat dit so is."

Paulus het 'n kans gekry om hom voor die Romeinse Goewerneur, Feliks teen die kwaadwillige aanklag van die verharde Jode te verdedig. Hierna is die saak uitgestel en Paulus het onder bewaking van Romeinse soldate gebly.

In vers twee-en-twintig van Handelinge 24 lees ons dat Feliks "die besonderhede in verband met die leer van Christus taamlik goed geken het." In Handelinge 24:24-26 staan daar: "Na 'n paar dae het Feliks en sy Joodse vrou, Drusilla, vir Paulus laat haal om meer van hom te hoor oor die geloof in Christus Jesus. Paulus het met hom gepraat oor 'n lewe in gehoorsaamheid aan God, oor selfbeheersing en oor die komende oordeel. Dit het Feliks laat bang word, en hy het gesê: “Dit is nou genoeg! Gaan maar terug, en as ek tyd het, sal ek jou weer laat roep.” Hy het die hele tyd ook gehoop Paulus sou hom omkoopgeld aanbied om los te kom. Daarom het hy hom so dikwels moontlik laat haal om met hom te praat." (As Paulus homself sou skuldig maak aan 'n poging tot omkopery, dan het dit die Goewerneur die nodige gronde gegee om Paulus minstens aan omkopery te kan skuldig bevind en so sou hy die guns van die Jode kon wen)

  ____________________________________ ____________________________________

In die tyd wat gevolg het, is die apostel, Paulus deur die een Romeinse gesaghebber na die ander verhoor. Telkens kry hulle nie gronde om Paulus skuldig te bevind nie, maar waag dit ook nie om hom ónskuldig te verklaar nie, omdat 'n onskuldig bevinding groot teenkanting van die verharde Jode sou ontlok. Opstand onder die Jode sou 'n Romeinse provinsie moeilik regeerbaar maak en gevolglik sou die indruk ontstaan dat die betrokke regeerder sukkel om gesag af te dwing in die streek waaroor die keiser hom aangestel het: Dít sou die betrokke gesaghebber in onguns by sy meerderes en by die keiser bring.

  ____________________________________ ____________________________________

Ten einde oproer onder die Jode te verhoed is Paulus se saak herhaaldelik uitgestel en herhaaldelik verwys na 'n volgende Romeinse gesaghebber. Só het God beskik dat Paulus in sy verdediging herhaaldelik die kans sou kry om voor heidense gesaghebbers te getuig dat die Here Jesus die Christus is deur Wie God ook heidene deel wil maak van Sy volk!

 

B

 

U

 

S

 

..Paulus getuig van Jerusalem af tot in Rome voor die gesaghebbers wat hom verhoor..

In verband met dié soort vervolging wat eintlik vir ons 'n geleentheid tot getuienis voor die wêreld is, het die Here Jesus in Matt 10:16-20 gesê: "Hulle sal julle aan die geregshowe uitlewer, en in hulle sinagoges sal hulle julle gesel. Ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word ter wille van My. Dit sal julle geleentheid wees om voor hulle en voor die heidennasies van My te getuig. Wanneer hulle julle uitlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe of wat julle moet sê nie, want op daardie oomblik sal God aan julle gee wat julle moet sê. Dan is dit nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat."

 

 

 

 

 

 

'n Nuwe Goewerneur

 

 

 

 

 

 

In Hand 24:27 lees ons: "Twee jaar later is Feliks deur Porcius Festus (as Romeinse goewerneur) opgevolg. En omdat Feliks die Jode 'n guns wou bewys, het hy Paulus as gevangene agtergelaat. Feliks se opvolger, Goewerneur Festus kan ook nie vir Paulus skuldig bevind nie. Hy wil Paulus dan op versoek van die (Anti-Jesus) Jode in Jerusalem gaan verhoor:

Húlle plan was om Paulus op die pad tussen Sesarea en Jerusalem te vermoor: Maar Paulus weet hoe slinks die Jode is en aangesien Paulus 'n Romeinse burger is, omdat hy nie in Israel nie, maar in die buiteland, in die stad Tarsus gebore is maak hy gebruik van sy voorreg as Romeinse burger om hom te kan beroep op 'n verhoor deur die keiser.

Vir die goewerneur, Feliks wat in die knyp sit tussen Paulus se onskuld aan die een kant, en die Jode se aandrang op 'n skuldigbevinding aan die ander kant, is dit 'n uitkoms, maar hy het steeds een ongemaklike probleem: Hy wil Paulus Rome toe stuur om daar deur die keiserlike regbank verhoor te word, maar hy weet nie wat om as aanklag teen Paulus te skryf nie, want hy weet goed dat Paulus niks gedoen het wat die doodstraf verdien nie.

..Toe ontvang Feliks besoek om hom as nuwe goewerneur te verwelkom in dié deel van die Romeinse ryk: Dit was 'n verwelkomingsbesoek van Herodes Agrippa II, 'n Joodse koning wat na afloop van Israel se verlies aan politieke selfbeskikking onder die gesag van die Roomse keiser oor 'n klein naburige streek van die Romeinse ryk regeer het. Met sy deeglike kennis van die Joodse Godsdiens sou koning Agrippa die goewerneur dalk raad kon gee in sy poging om 'n aanklag teen Paulus te verwoord voor hy hom vir 'n keiserlike verhoor Rome toe kan stuur. Daarom laat die goewerneur toe vir Paulus voor koning Agrippa verskyn. Weereens gryp Paulus dit aan as 'n Godgegewe geleentheid om voor die gesaghebbers van hierdie wêreld oor Jesus te kan getuig.

 

 

 

 

 

 

Paulus vertel van sy roeping

 

 

 

 

 

 

In Handelinge 26:12-21 sien ons hoe Paulus van sy roeping vertel as hy sy saak voor koning Agrippa stel. Daar lees ons: “Terwyl ek hieroor na Damaskus toe op reis was, met volmag en in opdrag van die priesterhoofde, het ek, u Majesteit, helder oordag langs die pad 'n lig gesien wat uit die hemel gekom het. Dit was helderder as die son en dit het op my en my reisgenote geskyn. Ons het almal op die grond neergeval, en ek het 'n stem in Hebreeus vir my hoor sê: ‘Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Jy maak jou net seer deur jou te verset.’

‘Wie is U, Here?’ vra ek toe. ‘Ek is Jesus,’ sê die Here. ‘Dit is vir My wat jy vervolg. Maar staan op, staan regop.

 

 

 

 

 

 

 

 

Fokusteks

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek het aan jou verskyn om jou as my dienaar aan te stel. Jy moet getuie wees van wat jy van My gesien het en van wat Ek jou nog sal laat sien.

Ek sal jou beskerm teen die volk Israel en teen die heidennasies na wie toe Ek jou stuur. Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer. Deur in My te glo, sal hulle sondes vergewe word en sal hulle deel word van die volk van God.’

“Van toe af, koning Agrippa, was ek nie aan die gesig uit die hemel ongehoorsaam nie. Ek het eers vir die mense in Damaskus en in Jerusalem en toe deur die hele Judea en daarna vir die heidennasies gepreek dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God moet bekeer; en dit moet hulle bewys met dade wat by die bekering pas.

Daarom het die Jode my by die tempel aangeval en probeer vermoor.  

 

 

Paulus sê hier in Hand 26:20

"Ek het eers vir die mense in Damaskus en in  Jerusalem en toe deur die hele Judea en daarna vir die heidennasies gepreek  dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God moet bekeer"

Dié optrede van Paulus is byna woordeliks die vervulling van wat die Here Jesus voor Sy hemelvaart in Hand 1:8 sê:

"Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in  Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” 

In Matt 28:19-20 beveel die Here: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het."

 

Oppad na Damaskus het die Here Jesus in 'n gesig vir Paulus

'n belofte

 

en 'n opdrag gegee.

Jesus sê: "Ek sal jou beskerm teen die volk Israel en teen die heidennasies

 

na wie toe Ek jou stuur. Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer." Hand 26:17&18

o JG o

 

 

 

 

 

 

 

Reken jy dat Paulus tydens sy drie sendingreise gehoorsaam was aan die Here se opdrag dat hy ook die heidennasies se oë moes oopmaak sodat hulle hulle tot God kon bekeer?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

. ( my eie gedagte →

 

...!



 

 

 

..webspan se gedagtes _

 

Ons is dit eens dat Paulus baie duidelik tydens sy drie sendingreise na die heidenlande gehoorsaam was aan die Here se opdrag dat hy nie alleen die Jode nie, maar ook die heidennasies se oë moes oopmaak sodat hulle hulle tot God kon bekeer.

 

 

Een voorbeeld hiervan sien ons in Hand 16:29-32 - in die stad Filippi waar die tronkbewaarder bewend voor Paulus en Silas kom neerval. Daar staan: "Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.” Hulle het toe die woord van die Here aan hom en aan al die mense in sy huis verkondig."

 

 

Toe die tronkbewaarder vir Paulus en Silas vra wat hy moet doen om gered te word, was hulle gereed om hom te vertel. Die beginsel wat ons, as vissers van mense hieruit kan aflei is dat ons ook altyd gereed moet wees om mense wat ons vra te vertel hoe hulle gered kan word. 1 Pet 3:15 sê: "Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe."

 

Ons het vroeër gesien dat Paulus met sy aankoms in 'n stad altyd heel eerste na die Joodse sinagoge toe gegaan het om daar die Blye Nuus dat hulle verwagte Messias gekom het in die eerste plek te gaan deel met die Jode en die Godvresendes wat reeds van tevore vanuit die heidendom na Joodse geloof oorgegaan het.

Naas Paulus se entoesiasme om die Evangelie van Jesus Christus (ONGENOOID) met die gelowige sinagogegangers te gaan deel, was hy ook altyd gereed om OP UITNODIGING ongeredde heidene se VRAE oor die Leer van Jesus te beantwoord.

Miskien kan ons hier 'n belangrike beginsel aflei oor hoe ons vissers van mense moet wees: Kyk of jy dalk soveel as drie geleenthede kan noem waar Paulus so ver gegaan het om ONGENOOID die Evangelieboodskap met rou HEIDENE te deel.

 

 

 

 

 

 

 

Kan jy soveel as drie geleenthede in die Nuwe Testament noem waar Paulus of enige ander gelowige ONGENOOID die Evangelieboodskap met HEIDENE gedeel het?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

. ( my eie gedagte →

 

...!



 

 

 

..webspan se gedagtes _

 

Nee, ons kon nie daarin slaag om soveel as drie, of selfs twee geleenthede in die Nuwe Testament te identifiseer waar Paulus of enige ander gelowige ONGENOOID die Evangelieboodskap met HEIDENE gedeel het nie.

Sover bekend is die enigste plek in die Nuwe Testament waar 'n gelowige ooit die Evangelie van die Here Jesus ONGENOOID met rou HEIDENE gedeel het, die geval in Handelinge 17:17 waar Paulus in Athene op die stadsplein met verbygangers gepraat het. Daar staan: "Hy het in die sinagoge met die Jode en die godvresendes geredeneer en elke dag op die stadsplein met die verbygangers gepraat."

 

  ____________________________________ ____________________________________

 

 

 

 

 

 

 

Is dit vir jou vreemd dat ons net maar 'n enkele gelowige sien wat 'n enkele keer die Evangelie ongenooid met heidene deel? Of is dit juis die idee dat jy as visser van mense ongenooid met Moslems op straat oor geloof in die Here moet praat wat vir jou vreemd lyk?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

. ( my eie gedagte →

 

...!



 

 

 

..webspan se gedagtes _

 

Aanvanklik voel dit nogal vir ons vreemd dat ons net maar 'n enkele gelowige sien wat 'n enkele keer in die hele Nuwe Testament die Evangelie ongenooid met heidene deel! 'n Mens is geneig om te voel dat Paulus tydens sy sendingreise na die heidenlande in élke stad "ongenooid" met heidene sou praat. Dit word egter gou duidelik dat die woord "ongenooid" hier die deurslag gee, want Paulus het oral waar hy gekom het met heidene die Evangelie gedeel, maar dit het hy altyd eers gedoen in reaksie op hulle belangstelling. Hy het hulle belangstelling gewek met die opskudding wat sy boodskap onder die Joodse en Godvresende sinagogegangers veroorsaak het en ook met die wondertekens wat hy in die Naam van die Here Jesus daar gedoen het. In reaksie daarop het heidene ook by die sinagoges opgedaag om te hoor wat Paulus te sê het. Ander kere was dit die Jode se beskuldigings teen Paulus wat daartoe gelei het dat hy GEVRA is om voor Heidense owerhede sy saak te stel.

 

 

Die idee dat ons as vissers van mense in navolging van Paulus se voorbeeld in Hand 17:17 ook vandag ongenooid met Moslems op straat oor geloof in die Here moet praat lyk vir ons vreemd. As ons ook verbygangers van ander gelowe op "die stadsplein" oor hulle geloof moet konfronteer verwag ons dat hulle aanstoot sal neem, geafronteer sal voel en dat daar konflik sal volg. Ons voel nie gemaklik daarmee nie. Ons wonder selfs of so 'n optrede nie dalk strydig met die landswette sou wees nie. Verder reken ons nie dat so 'n optrede daartoe sal lei dat mense hulle gaan bekeer tot die Here nie. Ons sou eerder mense se belangstelling in die Christelike geloof wou prikkel. So sou ons mense eerder wou TREK na die Lig toe; nie wegstoot met ongevraagde konfronterende optrede deur die boodskap oor ons geloof op hulle te probeer forseer nie. Dit is vir ons moeilik om te dink dat die Here deur Hand 17:17 vir ons wil sê dat ons ook van môre af op die "stadsplein" met verbygangers van ander gelowe oor die geloof in Hom moet gaan praat, terwyl hulle eenvoudig net hoef te vra, of na die Christelike kerke toe hoef te kom as hulle sou belang stel om meer oor die Here te wete te kom..

 

 

 

 

 

Die onus wat rus op Hand 17:17b 

 

 

 

 

 

As dit deurlopend in die Nuwe Testament die tendens is dat gelowiges die Evangelie op uitnodiging met heidene deel, terwyl daar in die ganse Nuwe Testament net maar een enkele teks is wat vir ons die voorbeeld stel dat ons as gelowiges ook ONGENOOID die Evangelie aan heidene moet verkondig, dan is dit 'n geweldige onus wat op die vertaalwerk van die een enkele teks rus. Dit bring 'n mens by twee belangrike vrae, naamlik:

Hoe oortuig is ons van die teks se vertaling?

En: Is daar alternatiewe vertalingsmoontlikhede?

Ook bekende Bybelverklaarders vind dié oënskynlike afwyking van Paulus se normale optrede "ongewoon." "DIE BYBELLENNIUM" se kommentaar by Hand 17:17 getuig hiervan. Dit lui: "Hy (Paulus) het ook die ONGEWONE ding gedoen om elke dag op die stadsplein met verbygangers oor die evangelie te praat."

Terwyl dit aan die een kant tereg vir ons vreemd mag klink dat Paulus heidense verbygangers sommer so met die Evangelie sou konfronteer, moet 'n mens nie dink die stadsplein was 'n ongewone plek in die destydse kultuur om openbare vergaderings te hou of oor filosofie of godsdienstige sake te debateer nie: Onthou, anders as vandag kon 'n mens nie destyds 'n koerant vol menings op die straathoek koop nie, dus moes jy die openbare opinie maar lewendig op die stadsplein aanhoor!

 

 

 

 

 

Alternatiewe Vertalingsmoontlikhede?  

 

 

 

 

As ons praat van alternatiewe vertalingsmoontlikhede, dan is die bedoeling nie om die Nuwe Afrikaanse Vertaling se integriteit te bevraagteken deur te impliseer dat Handelinge 17:17 dalk in die NAV "verkeerd" vertaal is nie: Soms is daar twee vertalings-moontlikhede wat albei korrek is: Dan moet vertalers uit die konteks probeer aflei watter vertaalopsie mees waarskynlik die korrekte een is.

As 'n mens byvoorbeeld uit Afrikaans in Engels moet vertaal: "Die man staan op die leer," dan sou 'n mens die woord "leer" waarskynlik na Engels wou vertaal met "ladder."

Dit is nou totdat jy die teks verder lees en sien dat in die daaropvolgende sin van 'n skoenmaker sprake is wat besig is om die man se voetgrootte op die leer te staan en afmeet.

Dan sou 'n mens vanweë die konteks eerder van die alternatiewe vertaalopsie gebruik wou maak om die Afrikaanse woord "leer" in Engels weer te gee met die woord "leather."

Kyk ons na die onmiddelike konteks van Hand 17:17, dan lyk dit of die vertalingsopsie wat die NAV kies die mees waarskynlike een is, maar as ons na die betrokke vers kyk teen die breër agtergrond van die Nuwe Testament in die geheel, en sien dat gelowiges op GEEN ander plek OOIT ongenooid met heidene oor die Evangelie gepraat het nie, dan lyk dit of 'n mens eerder die moontlikheid van 'n alternatiewe vertaalopsie sou wou oorweeg as daar in dié geval so 'n opsie bestaan.

 

 

 

 

 

 

Grondteks van Hand 17:17

 

 

 

 

 

 

Tot watter mate kan ons seker wees dat 'n woord wat in die grondteks voorkom regtig vandag goed vertaal is?

Wel, hoe duideliker die konteks vir ons aandui wat met die betrokke woord bedoel word, hoe sekerder kan ons natuurlik wees dat die woord goed vertaal is.

Ons kan ook kyk na ander plekke in die grondteks waar dieselfde woord voorkom en sien wat die woord dáár vir ons wil sê.

Gevolglik kan 'n mens groter sekerheid hê dat 'n woord goed vertaal is, as die woord BAIE keer in die grondteks voorkom sodat die betekenis van die woord TELKENS deur 'n nuwe konteks bevestig word.

Sou 'n woord egter net eenkeer in die grondteks van die Bybel voorkom, dan het ons vanselfsprekend baie minder sekerheid oor presies wat met die betrokke woord bedoel word

en as die konteks waarin die woord voorkom boonop ruimte laat vir meer as een interpretasie van wat die skrywer vir ons wil sê, dan het ons selfs minder sekerheid dat ons 'n goeie vertaling van 'n woord of frase voor ons het.

 

 

'n Verdere manier om te sien of daar inderdaad meer as een vertalingsmoontlikheid vir 'n teks bestaan, is om verskillende Bybelvertalings met mekaar te vergelyk en te sien of die betekenis van 'n woord of frase verskillend vertaal word.

Dié metode word egter gestrem deur die feit dat daar verskynsels soos "vertaalkultuur" en "vertaalneigings" bestaan wat behels dat vertalers nie bereid is om sommer ligtelik af te wyk van die algemene neiging om 'n teks op 'n tradisioneel aanvaarde (of selfs 'n kontemporêr aanvaarde) manier weer te gee nie, selfs al sou daar geldige alternatiewe vir die vertaling van 'n woord of frase bestaan.

 

 

 

 

 

 

 

 

Toepassing

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Nuwe Afrikaanse Vertaling vertaal Handelinge 17:17 vir ons soos volg:

Die Griekse woord wat hier met "die verbygangers" vertaal word, kom ongelukkig net EEN keer in die Bybel voor. Nêrens anders in die Skrif staan die woord in 'n konteks wat die bedoeling daarvan vir ons kan bevestig of verder kan toelig nie.

"Hy het in die sinagoge met die Jode en die godvresendes geredeneer en elke dag op die stadsplein met die verbygangers gepraat."

Omdat die bedoeling van die woord nie bevestig kan word deur dit met ander Bybelse tekse waar die woord ook voorkom te vergelyk nie, kan ons ondanks vertalers se beste pogings nie baie seker wees dat die bedoeling van die woord akkuraat in moderne taal weergegee word nie. Dit noop mens daartoe om alternatiewe vertalingsmoontlikhede vir dié woord te ondersoek..

 

 

 

 

 

..Vergelykbare Bybelvertaalwerk