laat weet

info

ander studies

vertel      

Kom ons kyk van naderby..

      epos

homepage

antwoordblad

donasies

B

Y

B

E

L

S

U

D

E

 

 

A

N

L

Y

.............Ons huidige studie onderwerp. Val in en neem deel! Elkeen se opinie is vir ons belangrik en ewe gewigtig, want Jesus het gesê: “Julle moet julle nie ‘leiers’ laat noem nie, want Een is julle Leier: die Christus." En "julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is almal broers." ...................

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

W

E

E

K

 ..Verruim Jou Ingeligte Opinie Met Lekker, Kreatiewe Aflaai&Eposklets Bybelstudies..!

 

Deel met ons in die gebed:

 

 

Here, ons dink vandag aan elkeen wat so 'n swaar tyd deurgaan dat dit vir hulle voel hulle wil eerder nie meer leef nie. Wil Jy hulle opnuut bewus maak van Jou teenwoordigheid by hulle. Wil Jy hulle geestelik en emosioneel versterk deur Jou Gees, deur Jou Woord en deur die getuienis van Jou kinders - soos net Jy alleen kan.

 

 

Here, ons dink aan elkeen wat in die versoeking kom om 'n lewe wat hulle eens vir Jou gegee het - te neem. Wil Jy ons uit Jou Woord uit toerus om vir hulle iets te kan beteken. Wil Jy ons deur oordenking met wysheid en insig voorberei - ook vir die moeilike tye wat nog oor ons self mag kom.

 

 

Ons bid ook vir elkeen wat swaarkry omdat iemand deur selfmoord van hulle af weggeskeur is. Dit alles bid ons in die Naam van die Een wat gesê het: "En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.." In ons Here Jesus se Naam. Amen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

O

S

O

M

I

N

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons het tot dusver gesels oor verskillende Skrifdele wat 'n mens in ag sou moes neem as jy dit sou oorweeg om selfmoord te pleeg. Die bedoeling daarmee was dat dit jou tot nugterheid sou bring, sodat jy van plan sou verander wanneer jy besef dat God 'n doel met alles in jou lewe het; dat jy nie vir jouself leef of sterf nie, maar vir Hom; en dat jy nie mag 'begeer' om voor jou tyd in die hemel te wees nie, omdat God gesê het ons mag nie 'begeer' nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

Hoe kan ek my lewe vir die Here gee.. en dan my lewe neem?

Ons het gaan inloer by die denkbeeldige eiland, Kaluba waar die Regering dit oorweeg het om te belowe dat hulle kandidate selfs sou assisteer om effektief en klinies 'n einde aan hulle eie lewens te maak - in ruil daarvoor dat hulle so 'n besluit net deeglik moes oorweeg aan die hand van 'n evaluasievorm wat opgestel is met die bedoeling om kandidate deeglik te laat besef wat hulle besluit alles behels. Die verwagting was dat hulle die oorgrote meerderheid met behulp van so 'n dokument tot ander insigte sou kon bring.

 

Eers gegee en dan geneem is erger as gesteel..

 

 

 

 

 

 

 

S

L

E

T

E

T

E

K

E

 

 

 

 

 

 

 

 

2Tim 3:16

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek..

 

 

 

 

Rom 8:28

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

 

 

 

 

Rom 14:7&8

Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

 

 

 

 

1Kor 10:13

God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.

 

 

 

 

Fil 4:13

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

 

 

 

 

Rom 7:7

Ek sou byvoorbeeld nie geweet het dat dit sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: “Jy mag nie begeer nie.” Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.

 

Eks 20:17

 

 

 

Heb 13:5

wees tevrede met wat julle het.

 

 

 

 

Joh 14:2&3

In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

T

O

P

A

S

I

N

 

 

 

 

 

 

Telkens wanneer ons by bogenoemde sleuteltekse stilgestaan en dit deeglik deerdink het het 'n mens jouself die vraag afgevra:

Hoe sou iemand wat daarin geassisteer is om dié Skrifaanhalings so deeglik te deurdink nog steeds kon voortgaan met die keuse om selfmoord te pleeg?

Hoe tragies dat nie alle mense betyds voorberei word op die donker uur van versoeking om jou lewe te neem nie..

 

 

 

 

 

 

 

Dink jy dit is hoegenaamd MOONTLIK dat 'n kind van God wat hierdie Bybelstudie betyds voltooi het kan voortgaan met die besluit om selfmoord te pleeg?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte

web-span se gedagtes _

 

Nee, nie een van ons dink dit is moontlik dat 'n kind van God wat bevoorreg was om elkeen van hierdie Woordaanhalings deeglik saam te deurdink dan kan voortgaan met 'n besluit om selfmoord te pleeg nie. Ons sal graag wil hoor as jy 'n gedagte het wat ons siening hieroor sal verruim..

 

 

 

 

 

 

C

E

C

L

I

S

 

 

 

 

 

 

Vervolgens kyk ons hoe die "checklist" min of meer sou lyk wat iemand sou moes afmerk en onderteken as hy die evaluasiestudie voltooi het - en NOGTANS nie afsien van die besluit om self sy lewe te neem nie. Kanseleer die regmerkies met jou muis waar jy nie met sy siening kan saamgaan nie.

 

evaluasievorm 946

 

 

 

NA DEEGLIKE OORDENKING VAN DIE TOEPASLIKE SKRIFAANHALINGS, VERKLAAR EK:

 

 

 

 

2Tim 3:16

Ek glo nie die HELE Skrif is deur God geïnspireer nie, want in my oordenking het ek besef ek kan nie die aansprake van AL die volgende tekse onderskryf nie.

 

 

 

 

Rom 8:28

Ek kan nie glo dat God besig is om al die dinge wat my tot selfmoord dryf vir my ten goede te laat meewerk nie.

 

 

 

 

Rom 14:7&8

"Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie," sê die Woord, maar ek kan nie langer so aanhou nie. Ek het besluit om te sterf - vir myself, omdat ek nie meer langer kans sien nie. "As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here," sê die Skrif, maar ek sien nie kans om my eie eer; my onafhanklikheid en my menswaar­digheid in die proses te veroor - sodat ek ander in die oë moet kyk vir gunste en gawes soos Lasarus moes wens om krummels van die rykman se tafel te mag ontvang nie. "Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here," maar ek gaan nou my lewe wat ek vir die Here gegee het - neem - want Hy bestuur nie my lewe reg nie!

 

 

 

 

1Kor 10:13

"God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan," sê die Skrif, maar ek sê God het my in die steek gelaat. Ek ontvang geen uitkoms nie en ek kan nie langer die versoeking weerstaan om 'n einde te maak aan alles nie..

 

 

 

 

Fil 4:13

"Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee," getuig die Bybel, maar ek kan nie in dié geloof volhard nie; ek ervaar nie dat Christus my in my omstandig­hede krag gee nie. Ek is net 'n mens. Ek is NIE instaat om so aan te hou nie.

 

 

 

 

Rom 7:7

"Ek sou byvoorbeeld nie geweet het dat dit sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: “Jy mag nie begeer nie.” Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie." Nietemin BEGEER ek om uit my omstandighede te ontvlug!! Ek begeer om nie langer die lewe in die oë te kyk nie..

 

Eks 20:17

 

 

 

Heb 13:5

"Wees tevrede met wat julle het," lui dié opdrag, maar ek is NIE tevrede met wat ek het nie.

 

 

 

 

Joh 14:2&3

"In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is," het Jesus belowe, maar ek kan nie langer op Hom wag nie. Dit is tyd om self in te gryp!

 

 

 

 

handtekening

_________

Volle naam en Van

______________

Datum van ondertekening

___/___/___

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hoeveel van die regmerkies langs die stellings in bg. vorm kon jy as gelowige laat bly staan?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte

web-span se gedagtes _

 

As gelowiges het ons gevoel ons kon nie 'n enkele een van die regmerkies laat bly staan nie. Hoe het jy gevoel?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

As selfmoord dan só 'n ondenkbare mosie van wantroue in God en in die Woord is, kom die vraag by 'n mens op: Kan enigiemand wat selfmoord pleeg dan gered wees?

            ?

 

 

 

Ê 

 

 

 

 

"Hiervan is ek oortuig: GEEN DOOD of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of ENIGIETS ANDERS in die skepping kan ONS van die liefde van God SKEI nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here." (Rom 8:38&39)

As ons praat oor selfmoord, dan getuig dié teks: GEEN DOOD kan ons van die liefde van God skei nie.

Aan die ander kant sê Rom 8:38&39: Geen dood kan ONS van die liefde van God skei nie. Dit laat 'n mens met die baie belangrike vraag: Wie is hierdie ONS? Is dit 'n eksklusiewe term?

 

 

 

 

 

 

 

Wie dink jy is die "ons" wat nooit op enige manier van die liefde van God geskei sal word nie? Sluit dié "ons" die ganse mensdom in? Motiveer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte

web-span se gedagtes _

 

As 'n mens van Rom 8:38 af in dieselfde hoofstuk tien verse terug tel, dan blyk dit uit Rom 8:28 dat die "ons" wat op geen manier ooit van die liefde van God geskei kan word nie eksklusief op die ware gelowiges dui wat gekenmerk word daardeur dat hulle God bo alles liefhet. Dis hoe ons gedink het. Wat dink jy?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Kom ons kyk of ons almal eenstemmigheid kan bereik as ons Rom 8:38 met een van Jesus se gelykenisse toelig..

 

“Daar was 'n ryk man wat duur en deftige klere gedra en elke dag feestelik en weelderig geleef het. En daar was 'n arm man met die naam Lasarus wat by die deur van die ryk man gelê het in die hoop dat hy van die oorskiet van die ryk man se tafel te ete sou kry. Hy was oortrek van die swere en selfs die honde het daaraan kom lek. “Toe die arm man te sterwe kom, is hy deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham. Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep: ‘Vader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur.’ Maar Abraham sê: ‘My kind, onthou dat jy in jou leeftyd altyd die goeie gekry het en Lasarus die slegte. Nou gaan dit hier goed met hom, maar jy word gepynig.

En buitendien is daar 'n groot kloof tussen ons en julle, sodat dié wat hiervandaan wil oorgaan na julle toe, nie kan nie, en dié wat dáár is, ook nie na ons toe kan oorkom nie.’ (Luk 16:19-26)

 

 Die liefde wat God aan die ryk man bewys het, het sy lewe lank onbeantwoord gebly? In sy eie hart het dit geen wederliefde teenoor God of liefde teenoor Lasarus, die lydende kind van God gewek nie..

 

 

 

 

 

 

 

Lei jy uit die gelykenis af dat die dood die ryk man uiteindelik van die liefde van God geskei het? Motiveer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

( my eie gedagte

web-span se gedagtes _

 

Ja, die dood het die ryk man uiteindelik van die liefde van God geskei: God het die ryk man saam met die lou hartiges en ongelowiges aan bittere lyding en verskriklike pyniging oorgegee en hulle met 'n groot kloof afgeskei van Sy kinders; die ware gelowiges wat in die woorde van Psalm 23 soos eregaste onvang word, terwyl hulle teëstanders moet toekyk.